Vraag: Moses se staf – Johann Voges
‘n Leser vra
Ek lees in Eksodes “2 Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf.” Hier neem ek aan dis die staf wat hy maar altyd by hom gehad het. Wanneer ek verder lees, lees ek in vers 20 ” Moses het ook die staf van God in sy hand”
Nou wonder ek of dit is omdat God die staf geseen het en of dit n ander staf was.Sal waardeer indien daar lig op hierdie onderwerp gegee kan word.
Vraag is dit dieselfde staf of n ander staf.
Antwoord
Dr Johann Voges antwoord
Oor Moses se “staf” wat hy in sy hand gehad het in Eksodus 4 …
Hiermee net eers ‘n stukkie verheldering oor wat hier geskryf staan … Die Boodskap Bybelvertaling 2008 vertaal die verse in Eksodus 4 waarin na Moses se staf verwys word as volg…
2Die Here vra hom toe: “Wat het jy daar in jou hand?” Hy antwoord: “Dis ’n stok.” 3 Die Here sê toe: “Gooi dit op die grond neer.” Toe Moses dit op die grond gooi, verander dit in ’n slang. Moses wou weghardloop, 4 maar die Here sê vir hom: “Vang die slang aan sy stert.” Toe Moses die slang aan die stert gryp, het dit weer ’n stok in sy hand geword … 17Hou hierdie stok by jou dat jy daarmee die tekens kan doen wat Ek vir jou gewys het om die volk te oorreed.”
Hierdie stok (herderstaf) wat Moses by hom het, was tipies wat die skaapwagters by hulle destyds gehad het en gebruik het om onder ander hulle skape te beskerm teen wilde diere… want die Here kry Moses hier in die begin hoofstukke van Eksodus waar hy skape oppas … waar die Here vir Moses kom haal (roep) om die Israeliete uit Egipte te loop haal om hulle na die beloofde land toe te bring … en gee hier in Eksodus 4 vir hom 3 tekens wat hy kan gebruik om die Farao te oortuig dat die Here vir Moses na hom toe gestuur het om sy volk uit Egipte weg te vat (Eksodus 4:1-9)
- Daar is ook ‘n interressante artikel wat jy hieroor kan lees by die volgende verwysing … https://bybelskool.com/eksodus-3-417-god-stuur-moses-om-die-godsvolk-uit-egipte-te-lei/ .
- Lees ook die volgende artikels wat op ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za) geskryf is….
- Coen Slabber se geskrywe oor “Moses by die doringbos” … https://www.bybelkennis.co.za/moses-ontmoet-god-in-n-doringbos/
- Hennie Stander se skrywe oor “Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Die Oppas van Skape en Bokke” https://www.bybelkennis.co.za/gebruike-en-gewoontes-die-bybel-die-oppas-van-skape-en-bokke3-hennie-stander/
Skrywer: Dr Johann Voges