Psalm 20 (3)
Here is the test to find whether your mission on earth is finished: If you’re alive, it isn’t. -Richard Bach
Psalm 20 (3)
[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.
Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.
Teologiese Implikasies
Wat kenmerkend van Psalm 20 is, is die prominensie wat dit aan die seën van die koning gee: die verklaring dat God van plan is om op die koning se gebede te reageer, hom gaan onderhou en beskerm en aan hom die oorwinning gaan gee. ‘n Seën is nie so seer ‘n versoek gerig aan God nie, maar wat die persoon sê wat God kan doen. Seën is God se manier om ‘n doel in mense se lewens te implementeer. Hier is ‘n tweerigting verhouding: die koning seën die mense en die mense seën die koning.
Die mense as geheel, maar veral die priesters, weet wat God se doel vir die koning is. In gevalle waar dit onseker lyk, moet die mense aan die koning verklaar dat God se doel verwesenlik sal word. God sal sy offers aanvaar, sy gebed aanvaar en hom beskerm en onderhou. Hulle het vertroue dat dit sal gebeur en daarom vertropu hulle eerder op God as op hulle militêre mag. So verklaring van God se bedoeling, versterk die koning in dit wat hy moet doen. Seën maak nie gebed oorbodig nie. Omdat mense hulle Godgegewe verantwoordelikheid om ander te seën moet uitvoer, kan hulle met meer vertroue bid dat God sy seën sal implementeer.
Ook in die Nuwe Testament het nense die vermoë, verantwoordelikheid en voorreg om mekaar te seën (Lukas 2:34, 6:28; Romeine 12:14; 1 Korintiërs 4:12). Kerke en leraars lewe in ‘n mede-afhanlike verhouding – soos die koning en sy mense van mekaar afhanklik is. Die gemeents het die mag, voorreg en verantwoordelikheid om hulle leraar te seën deur God se aanvaarding van sy gebede en God se beskerming en hulp te verklaar. Hulle verklaar ook hulle eie vertroue in God eerder as in die kerk se hulpbronne. Die leraar is afhanklik van hulle seën – en hulle self is afhanklik van daardie seën.
Wie op die Here vertrou, mag maar vra. Wie aan Hom vashou, mag maar smeek: Mag die Here ons gebed verhoor wanneer ons na Hom roep. In hierdie vers het ons die inspirasie vir God save our Queen.
Die militêre krag van ‘n volk is nie geleë in sy groot leër nie: die magtige God gee die oorwinning. Hiervoor word daar in die begin- en slotvers gebid. Die koning as gesalfde, as messias, is seker van die oorwinning. Hierdie sekerheid het eeu na eeu vooruitvertel van die oorwinning wat God se gesalfde behaal het, en wat Christus, die Gesalfde van God, finaal behaal het. In Hom word elkeen van sy volgelinge – elke Christen – dit deelagtig. Die koninkryk van God seëvier.
Hierdie psalm verkondig ‘n onontkombare waarheid: ‘n gemeenskap se lot is ten nouste verbind met politieke omstandighede. As politieke maghebbers bedreig word, word die volk ook bedreig. Nog belangriker: as vertroue op God plek maak vir grootheidswaan, gaan ‘n gemeenskap ten gronde. Daarom moet ons bid vir hulle wat ons regeer en op God vertrou wanneer die land bedreig word. Ons moet seker maak dat ons ons vertroue stel op die Een wat die ewige oorwinning gee.