Die pad van wysheid (2)

 

Here the bottom falls out of all merit … Christ must do and must give everything – Martin Luther.

 

Die pad van wysheid (2)

In die vorige blog het ons na wysheid in die algemeen gekyk. Nou kyk ons na verskillende aspekte van wysheid.

 

  1. Wysheid gaan oor verstaan

In die Bybel word wysheid gereeld teenoor dwaasheid gestel. In Spreuke 1 – 9 kry ons ‘n algemene oproep om wysheid as dié waarde in die lewe te soek. Die soeke na wysheid is ‘n prioriteit, want dit laat ons die lewe verstaan. Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag (1:7). Hier word die beeld gebruik van ‘n ouer wat sy kind onderrig. Verstaan is die vermoë om te leef in die lig van God se openbaring. Maar die wysheid is ook prakties – ons moet doen wat ons verstaan. Wysheid in die hart begin by ons denke. Dit gaan oor dink en leer en ontleer. Dit is ‘n konstante leerervaring waarin my onderskeidingsvermoë uitbrei.

 

  1. Wysheid gaan oor aanbid

Wysheid begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig (9:10). Al die wysheid wat ons op ons eie bymekaarmaak, skiet ver tekort. Aanbidding begin by die nederige en dankbare vertroue in en gehoorsaamheid aan God. Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop. Moenie dink jy het die wysheid in pag nie, dien die Here en vermy wat sleg is (3:5 – 7). Ons kry hierdie oproep om te aanbid midde in die oproep om wysheid te soek.

 

  1. Wysheid gaan oor doelwitte

Wysheid stel ons in staat om doelwitte te stel wat die moeite werd is om na te jaag. Die kennis van God is ons konstante doelwit in alles wat ons doen. Wysheid stel ons in staat om doelwitte te formuleer en om dan daarop te fokus. Dit het ek wel ingesien dat dit ‘n mens meer baat om wysheid te hê as om dit nie te hê nie, net soos lig ‘n mens meer baat as duisternis. Die wyse weet wat hy doen, vir die dwaas is daar net donkerte (Prediker 2:13 – 14a). Wyse manne stel doelwitte en daarom weet hulle waarheen hulle op pas is. Die dwaas loop deur die lewe asof hy blind is, Die lewe van die dwaas is doelloos.

 

Volgende kyk ons na verdere aspekte van wysheid.




Die pad van wysheid (1)

 

Reproof is one of the few things more blessed to receive that to give – Derek Kidner

 

Die pad van wysheid (1)

Kennis begin met die dien van die Here; dit is net dwase wat wysheid en opvoeding gering ag (Spreuke 1:7).

In ons soeke na die wil van God moet ons nie die gawe van die Heilige Gees vergeet nie. Die Heilige Gees gee aan ons wysheid en insig. Wysheid en insig is wat ons nodig het as ons deur die wil van God gelei word. Kom ons kyk nader na die aard van wysheid.

 

Die aard van wysheid

Die Skrif praat dikwels oor wysheid. Alle mense word opgeroep om wysheid te soek. Daar word belowe dat as ons opreg soek ons wysheid sal kry. God se gawe van wysheid is vir almal. Wysheid is die vermoë om ware beginsels toe te pas op ‘n manier wat lei tot ‘n regte lewe. Dit is ‘n reis langs die regte weë; dit is leef op ‘n wyse wat God verheerlik; dit is nederig, eerlik en realisties. Wysheid maak dit duidelik wat in ‘n besondere situasie gedoen moet word. Daarom moet wysheid deur almal wat die wil van God wil doen, begeer word.

 

Wysheid begin deur die goedheid van die Skepper en die wêreld wat Hy gemaak het, te erken. Dit beteken ons moet daardie seëninge wat God elke dag op ons pad strooi, waardeer en geniet. Die lewe is vol terneerdrukkende dinge wat ons sal  neerdruk as ons dit toelaat. Wysheid as medium van God se leiding bemoedig ons met blydskap en dankbaarheid teenoor God. Om is wysheid te leef is een dimensie van wat dit beteken om ons Verlosser as ons model te hê.

 

In die volgende blog gaan ons na verskillende aspekte van wysheid kyk.

 




Ek is te besig

 

Christ has no body on earth but yours, no hands but yours, no feet but yours. Yours are the eyes through which Christ’s compassion for the world is to look out, yours are the feet with which He is to go about doing good; and yours are the hands with which He is to bless us now – Teresa van Avila

 

Ek is te besig

Meeste mense is te besig vir een van twee redes:

  • Ek is besig, want ek is trots; ek wil belangrik voorkom – betekenisvol. Die ongelooflike ure, die besige skedule en die eise op my tyd is ‘n bewys vir myself en vir ander dat ek besig is. Ons leef in ‘n samelewing waar oorvol skedules die bewys van belangrikheid is. Hoe besiger ek is, hoe belangriker is ek.
  • Ek is besig, want ek is lui. Ek laat ander mense besluit wat ek moet doen; ek laat ander mense my agenda bepaal, want ek is te lui om dit te doen. Dit vereis ‘n poging van my kant om nee te sê. Ons doen nie meer die noodsaaklike werk van besluit en doelwitte stel nie – ander mense doen dit vir ons.

 

Die gevolg is dat ek nie tyd het om my eintlike werk te doen nie – die werk waarvoor ek geroep is. Hoe kan ek mense lei om in groen weivelde langs stille waters te rus as ek voortdurend aan die hardloop is?

The word busy is the symptom not of commitment but of betrayal – Eugene H. Peterson

 

 

 




Die Herder en sy Skape

 

We are saved by the gospel of God to worship the God of the gospel. —Fred Sanders

 

Die Herder en sy Skape

Leiding ontlok beide betowering en vrees. Betowering, want Christene wil deur God gelei word. Hulle weet ook dat daar baie plekke in die Bybel is waar leiding aan getroue gelowiges belowe word. Die vrees is omdat hulle bang is dat hulle nie die leiding reg sal verstaan nie. Hierdie betowering en vrees word gevoed deur ‘n onsekerheid oor God se leiding.

 

Die piëtisme het geglo dat onmiddellike leiding van God in die vorm van stemme, gedagtes en beelde en innerlike drange gereeld aan gelowiges wat hierdie leiding nodig gehad het en dit  in nederigheid gesoek het, gegee word.

 

God se leiding is een aspek van sy verbondsversorging. In Bybelse tye het God dikwels met mense op bostaande maniere gekommunikeer. Hy het nie gesê dat Hy daarmee gaan ophou nie. Ander sê dat God nie op hierdie manier gaan kommunikeer noudat ons die Bybel het nie. Ons kan tog nie beperkings op God plaas nie – Hy kan kommunikeer soos Hy wil.

 

Ons kan nie kategories sê dat “private openbarings” nie meer gebeur nie, maar ons weet dat selfmisleiding baie maklik is. Daarom  moet ons aansprake dat ons woorde van God ontvang het, toets. Dit moet ons objektief in die lig van die Skrif doen. In Deuteronomium 18:21 – 22 word God se mense aangesê om na sogenaamde profete te luister met onderskeiding: As ‘n profeet iets in die Naam van die Here aankondig en dit kom nie uit nie en dit gebeur nie so nie, dan het die Here nie met die profeet gepraat nie. Dan het die profeet hom dit aangematig en hoef jy jou nie aan hom te steur nie. Paulus sê basies dieselfde: Moenie profesieë geringskat nie, maar toets dit alles en behou wat goed is (1 Tessalonisense 5:21 – 22).

 

Teen hierdie agtergrond enkele punte:

  • Persoonlike boodskappe uit die hemel is nie en was nooit God se gewone manier van leiding gee nie. Sy gewone manier van leiding gee, is deur die woorde van die Bybel en die korrekte toepassing van hierdie waarhede.
  • Al sou sulke woorde voorkom as deel van die verhaal behels God se werk en bediening as rigsnoer altyd meer as dit. God sê nie net vir ons wat om te doen en dan staan Hy terug nie – Hy kyk wat ons met sy opdragte maak.