The more holy a man becomes, the more he will loathe and mourn over the remains of indwelling sin. —C.H. Spurgeon
Die kerk vandag (12)
Daar het onlangs ‘n goeie boek van Jared C. Wilson – The Prodigal Church – verskyn. [Prodigal = verkwistend, luuks, uitspattig] In hierdie boek kyk hy na die manier waarop ons vandag kerk “doen.” Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Cheap grace is the deadly enemy of our Church. We are fighting today for costly grace. So begin Dietrich Bonhoeffer se boek: The Cost of Discipleship. In hierdie boek bespreek hy die verantwoordelikheid om Jesus Christus te volg. Volgens hom is goedkoop genade ‘n sentimentele gevoel van God se goedkeuring wat gelowiges toelaat om nie hulle lewens te verander nie. God word net ‘n byvoeging; Jesus is ‘n geestelike ghoeroe wat ons bewonder. Ons kom na Jesus Christus vir die voordeel van ‘n ewige lewe – ‘n kaartjie na die hemel – maar as ons ons kruis moet opneem, skram ons weg.
Die kerk wat besig is met goedkoop genade, hanteer genade as ‘n konsep en nie ‘n werklikheid nie. Hulle het die lewende God vir ‘n goedkoop abstrakte idee ingeruil. Omdat ware genade nie ter sprake is nie, is daar geen ware vergifnis van sonde nie. In such a Church the world finds a cheap covering for its sins; no contrition is required, still less any real desire to be delivered from sin.
Baie gemeentes praat baie oor genade. Genade was verantwoordelik dat hulle ontslae van die tradisionele, fundamentalistiese vorige geslag ontslae geraak het. Hulle kan nou jeans dra, rock musiek speel, video’s in die kerk wys, koffie drink in die kerk. Ons het nou ‘n masjien wat mis maak en gekleurde ligte op die verhoog. Ons het nou ‘n heeltemal nuwe perspektief oor hoe mense na Jesus Christus toe kom.
In Lukas 15:17 lees ons dat die verlore seun tot inkeer kom – binne in die varkhok. Die omvang van sy mislukking, sy onvermoë en sy sonde sien hy nou duidelik voor hom. Hy weet dat hy besig is om onder te gaan. Hy kyk om hom, bekyk sy lewe en besef dat alles waarop hy vir sy geluk en sukses vertrou het, nie gewerk het nie.
Wat sal ‘n verlore gemeente sien as hy tot inkeer kom? Hoe sal hy weet hy het sy Vader se genade vermors?
- Hy sal sien dat baie mense “besluite” vir Jesus neem, maar geloofsgroei vind nie eintlik plaas nie.
- Hy sal sien dat ten spyte van al sy praat oor genade fokus sy boodskappe op “dinge om te doen” en nie op dinge wat Christus gedoen het nie – die evangelie.
- Die gemeente mag sien dat hy mense trots maak deur gedurig na hulle groot potensiaal en hulle vermoë vir grootheid te praat.
- Hulle mag sien hulle hanteer mense se afgode deur so veel as moontlik kultuur-relevante gebeurtenisse as moontlik in te bou.
- Hulle mag sien dat hulle genade goedkoop gemaak het deur liedere te sing oor hoe hulle voel in plaas daarvan om liedere oor God te sing.
- Die gemeente mag sien dat hy genade goedkoop maak deur die belang van sonde af te water.
- Hy kan genade goedkoop maak deur min van mense te verwag en aan te neem genade is al wat nodig is.
Ons ken mense wat doodtevrede is, al is hulle nie noodwendig gelukkig nie, om in hulle huidige situasie te bly. Hoekom? Miskien dink hulle dit is darem nie so sleg nie; miskien voel hulle dat verandering te veel van hulle gaan eis – die pyn van verandering is net te groot. Baie gemeentes sien ook nie die probleem van hulle paradigma nie, want hulle het die voorkoms van sukses – groot getalle, groot geboue. Hulle is gewild. Ongelukkig vertel voorkoms nie die hele storie nie. Iemand wat ongelukkig voel, bly stil, want die oormag is net te groot. Dit is soos om ‘n groot skip te probeer draai. Daar is net eenvoudig te veel op die spel – nie net geld en geboue nie, maar ‘n gehegtheid aan die model self. Daarom verdedig hierdie gemeentes hulleself teen alle kritiek, want jy val hulle model aan.
Die goeie nuus van God se genade is dat ons altyd oor kan begin. God gee tweede kanse. As ons gewillig is om afstand van al hierdie dinge te doen vir sy onthalwe, sal Hy ons met oop arms ontvang.