Die kerk is meer as die mense

Die kerk is meer as die mense

Na ons tot bekering gekom het, kan dit verwarrend wees: Waarvoor is ons geroep?: Wat doen ons hier? Belangriker:: Wat is God besig om te doen? Mense vra: Moet alles nie verander nou dat ek vir Jesus ken nie? Wat is die koninkryk van God? Wat het die kerk met Christus se heerskappy te doen?

 

Ons hoor dikwels die kerk is nie ‘’n gebou nie, maar sy mense. Die koninkryk van God is wat Jesus verkondig het en die huidige vorm van die koninkryk is die kerk. Hierdie mense en gebou wat nou die kerk genoem word, is waar die koninkryk van God gesien word. Dit is ‘’n plek waar sekere dinge gebeur en waar mense sekere dinge doen (sien Handelinge 2:42). Christus se groot Opdrag (Matteus 28:18 – 20) kan nie van die kerk losgemaak word nie.

 

Die kerk is die plek war mense bymekaarkom om God se goddelike gawes te ontvang. Hierdie mense wat gevorm is, word tydens die week versprei. Die kerk gaan dan uit in die gemeenskap om ander te dien volgens hulle roeping. Ons is die kerk as ons die armes dien en die evangelie verkondig.

 

Hierdie dinge kan ons nie doen sonder die bediening van die evangelie nie en God se gawes nie. Die kerk is God se koninkryk en sending in die wêreld deur al die verskillende roepings van sy lidmate. Die kerk as instelling is die nuwe swaartepunt. Hier is die plek waar God se gawes van verlossing na ons toe kom (Efesiërs 4:1 – 16).. hier kry ons ons opdragte sodat God ons in diens kan neem om goedheid en die waarheid aan mense te bring – vir liggaam en siel. Die werk van die Heilige Gees word sigbaar in opofferende liefde en gasvryheid is. Die instrumente wat God gebruik is die verkondiging van sy woord en die regte gebruik van die sakramente (Handelinge 2:42). Die woord van die koninkryk word gesaai soos saad in die landery van die wêreld en begin vrugte dra deur die roeping van die kerk (Matteus 13).

 

Op pinkstedag het God sy Gees gestuur. So herstel Hy kommunikasie tussen die Skepper en sy skepsels en ook kommunikasie tussen mense van verskillende sosiale klasse, etnisiteite en agtergronde: Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe (Efesiërs 4:3)

 

Paulus stel dit so: Julle is dus nie meer vêr van God af nie, nie bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die huisgesin van God (Efesiërs 2:19). Ons word nou geroep om die liefde van Christus aan dié om ons te bring. Ons is immers God se mense.

 

Op hierdie manier weerklink God se woord van die kansel, die doopvont en die nagmaaltafel na die kerkbanke en in die huise van Christene, hulle werkplekke en skole. Die kerk kom Sondae bymekaar om gedurende die week versprei te word om ons bure met liefde en danksegging te dien vir alles wat God aan ons gegee het deur sy woord en Gees.

 

Christus, deur sy Gees, beheer elke faset van ons bestaan. Dit is wat ons doen, maar dit is ook God aan die werk in ons vir sy heerlikheid en ons beswil. Die mense en die plek is waar God se koninkryk vandag gesien word.

 




Wees gelukkig in elke seisoen.

Wees gelukkig in elke seisoen.

Elke ding het sy vasgestelde tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is ‘’n tyd om gebore te word, ‘’n tyd om te sterwe,  ‘’n tyd om te plant, ‘’n tyd om plante uit te trek, … ‘’n tyd om aan te skaf, ‘’n tyd om te laat wegraak, ‘’n tyd om te spaar, ‘’n tyd om weg te gooi … Wat kry die mens vir die werk waarmee hy hom vermoei? Ek het gesien dat God aan die mens ‘’n taak gegee het om hom mee besig te hou. God het elke ding gemaak dat dit pas op ‘’n bepaalde tyd (Prediker 3:1 – 2; 6; 9 – 11) hier gaan dit oor die verskillende seisoene in ons lewens. Die seisoene marsjeer voort of ons nou daarvan hou of nie. Ons kan op hierdie veranderende seisoene op een van twee maniere reageer;

1.  Ons kan alles as onsinnigheid sien en daarvan vergeet. Dit sal tot ontnugtering lei;  of

  1. Ons kan die aanvaar en dit ten beste gebruik. Dit sal tot blydskap lei

 

Dit vereis wysheid om die veranderende seisoene van die lewe te aanvaar. Dwase weerstaan die proses en probeer aan een seisoen vasklou. Dit is die dwaas wat aan sy jeug vasklou en veroudering weerstaan. Ek moet fokus op die nuwe hoofstuk in my lewe wat God aan my gegee het.

 

Daar is ook ’n  tyd om jou verlede te los. Kyk net na al die plekke wat opgerig word waar mense hulle oortollige dinge kan stoor. Hoekom? Die oorvloedige lewe berus nie op oorvloedige besittings nie.

 

Daar is ‘’n tyd om groot te word. Van ons jongmense probeer adolessente bly – sonder enige verantwoordelikhede, partytjies elke aand, tree op soos selfgesentreerd kinders en word nog deur hulle ouers versorg. Sny die naelstring en aanvaar verantwoordelikheid. Jou kinderjare is veronderstel om vol vreugde te wees, maar daar is ‘’n tyd om volwasse te word. Ja, dit is vol uitdagings, maar ook vol geleenthede en vreugdes.

 

Daar is ook ‘’n tyd om jou van sekere mense los te maak. Dit mag ‘’n romantiese verhouding wees wat nie so lank geduur het soos jy verwag het nie. Om oor ‘’n verlies te rou is goed en toepaslik, maar God het ‘’n hele lewe voor jou. Vreugde lê nie in die verlede nie, maar in die hede met alles wat God vir jou beplan.

 

God het seisoene in ons lewens bepaal. Soms verwelkom ons die verandering en soms weerstaan ons dit. Wysheid aanvar elke seisoen en laat God toe om vir ons te wys hoe ons dit kan geniet.  Ons ken immers die Skrywer wat elke reël van elke hoofstuk skryf.

 




Die Merke van die kerk

Die Merke van die kerk

Is ‘n groepie waat Bybelstudie doen ‘n kerk? Baie mense is vandag verward oor wat ‘n kerk is. As die woord kerk in jou naam voorkom, is dit ‘n kerk? In die verlede het Christene hieroor nageink en ontwikkel die idee van ðie merke van die kerk.” Dit beteken maar net die kenmerke wat ‘n ware Chistelike kerk onderskei. Die Hervormers het geglo daar is twee kenmerke:

  1. Die regte prediking van God s oord; en
  2. Die regte hantering van die doop en nagmaal.

 

Christelike prediking is om God se woord te verklaar en te verduidelik. God se woord was nog altyd hoe God lewe gebring het. Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor en die prediking wat ons hoor, is die verkondiging van Christus (Romeine 10:17).  Die apostels in die boek Handeling is versprei oor die hele bekende wêreld waar hulle die woord van God verkondig het. As hulle ‘’n kerk gevestig het, het hulle seker gemaak dat daar iemand was wat die woord kon verkondig (Titus 1).

 

God se Gees sal jou onderrig en bemoedig en teregwys deur God se gepredikte woord. As die prediker van ‘’n sekere kenmerk van God praat of van ‘’n skêre sonde of van ‘’n geleentheid om te dien, klink dit soms of dit God is wat met jou praat.

 

Maar prediking is nie die enigste werk van die kerk nie. Jesus Christus het sy volgelinge opdrag gegee om simbole van sy genadige voorsiening van sondaars uit te voer. In die plaaslike gemeente is daar twee sulke optredes: die doop en die nagmaal.

 

Die doop is die aanvanklike teken dat jy deel van God se mense is. Die doop is ‘’n teken van God se genadige optrede in die dopeling se lewe. Ons dink aan Jesus se opdrag in Matteus 28 en Paulus se uitspraak in Romeine 6:3 – 4: Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?  Deur die doop is ons immers saam met Hom in die dood begrawe, sodat, soos  Christus deur die wonderlike magsdaad van die Vader uit die dood opgewek is, ons ook so ‘’n nuwe lewe kan lei. Ons word nie deur die doop gered nie, maar deur geloof in Christus alleen.

 

Die nagmaal is die voortdurende teken dat ons deel van God se mense is. Wat belangrik is, is die betekenis van Nagmaal en nie die manier waarop dit gebruik word nie. Dit is ‘’n gedagtenismaal. Paulus het ‘’n streng brief aan die gemeente in Korinte geskrywe, want hulle het toegelaat dat mense wat nie hulle sonde bely het nie, deelneem aan die nagmaal. Die nagmaal sal nie so ‘’n sondaar red nie. Natuurlik is die nagmaal vir sondaars, maar net vir sondaars wat hulle sondes bely hte. Dit is die beeld van God se trou aan ons. Ons deelname spreek in die openbaar van ons persoonlik as deelnemers van God se genade in Christus.

 




Drie mites oor rampe wat die vernietiging net vererger

Drie mites oor rampe wat die vernietiging net vererger

Die grootste bedreiging vir gemeentes is nie die ramp nie. Maar hoe ons oor rampe dink., want dit bepaal hoe jy voorberei en versorg in ‘n wêreld vol rampe. Baie mense en gemeentes het sekere idees wat net nie waar is nie. Om hierdie mites te aanvaar is skadelik vir baie mense en ondermyn ons Chritselike getuienis. En bedreig ons vermoë om as Jesus Christus se hande en voete op te tree.

Mite #1: Die kanse dat ‘n ramp my gemeente of gemeenskap sal tref, is min

Sedert die 1980’s was daar ongeveer ‘n 400% toename in natuurrampe.  Natuurlik was nie almal van hulle groot rampe nie, maar ‘n ramp bly ‘n ramp. Daar is ook ‘n toename in onnatuurlike rampe soos aanvalle deur terroriste, tegniese rampe (chemikalieë wat gestort word) en massamoorde. Maar ons sukkel om die risiko te voorspel. Mense ignoreer die potensiaal vir bedreigings. Daar is natuurlik ook mense wat in vrees leef vir een of ander ramp.

Rampe gebeur vandag op plekke wat tradisioneel nie risiko-gebiede is nie. Veranderinge in weerpatrone, stygende seevlakke, sosiale spanning, en bevolkingsgroei dra almal by tot ‘n toename in rampe.

 

Mite #2: Rampe diskrimineer nie.

Daar is ‘n mate van waarheid in hierdie stelling rampe beïnvloed nie alle mense dieselfde nie. Hulle affekteer diegene wat sosiaal en ekonomies kwesbaar is erger. Die armes, siek mense en ou mense en jongmense ly meer as ander. Mense word kwesbaar vir ‘n groot verskeidenheid redes. Hulle woon ook dikwels in gebiede wat nie vir rampe voorbereid is nie en het minder hulpbronne om na die ramp te herbou.

Het jou gemeente ‘n teenwoordigheid is kwesbare gebiede; het jou gemeente -‘n verhouding met die mense in kwesbare gebiede voor die ramp hulle tref. Verhoudingds is die sleutel tot vinnige optrede. Gemeentes moet meer doen as net ramp verligting ons moet die onderliggende ongeregrighede wat mense meer kwesbaar maak, hanteer.

 

Mite #3: Daar is nie genoeg tyd nie of dit is nie die regte tyd vir die gemeente om nou te begin dink aan rampverligting nie.

As ‘n ramp eers die gemeenskap tref, is dit baie moeilik om ‘n reaksie te beplan’ Die tyd om te begin beplan is nou.

 

Tydens ‘n ramp  moenie fokus op wat nie gedoen kan word nie, maar fokus in gebed op wat wel gedoen kan word. Begin by kinders en ou mense. Onthou as ‘n ramp jou gemeenskap tref, gaan mense na die gemeente kom. Rampe veroorsaak dat mense die diep vrae oor God vra. Die gemeente is die plek waar mense hoop, betekenis en langtermyn geestelike versorging kan kry.

 

Rampe openbaar ongeregtighede in die gemeenskappe waar ons woon en bedien, Rampbediening openbaar God se liefde, genade en barmhartigheid. God het sy mense geroep om diegene in nood te help. Waar daar rampe is, is daar onmiddellike en erge behoeftes. As Christene is ons gemaak na die beeld van ‘n liedevolle, genadige en barmhartige God. Sy Seun het ons geleer om ons harte te open en ons talente in die diens van sy koninkryk te gebruik. As ons anders oor rampe begin dink, sal dit ons help om die skade tydens rampe te beperk en om diegene wat dit die meeste nodig het te bedien.

Gebaseer op Dr Jamie d. Aten se boek The Disaster Ministry Handbook and Spirituality Oriented Psychotherapy for Trauma