Wie se oë is belangrik?

Wie se oë is belangrik?

Aan die begin van hierdie finale siklus in Rigters 13 lees os die nou reeds bekende: die Israeliete het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here. Die resultaat klink ook bekend: die Here gee hulle vir 40 jaar oor aan die mag van die Filistyne. Baie dinge wat die Isreliete gedoen het, was nie verkeerd in hulle eie oë nie. Volgens hulle was hulle gedrag aanvaarbaar.. In God se oë was hulle gedrag verkeerd.

Dit leer vir ons twee waarhede oor sonde:

  1. Die definisie van sonde. In die oë van die Here –  dit staan teenoor ons eie oë. Dit leer vir ons dat sonde nie primêr bestaan uit iets wat jou gewete skend of jou persoonlike of die gemeenskap se standaarde verkrag nie, maar dat ons God se wil vir ons skend.

Moderne mense glo dat net jy kan besluit wat reg of verkeerd is vir jou –  jou gevoelens en jou persepsies is die enigste manier om te bepaal wat reg en verkeerd is.. Algemene kennis weerspreek dit. As verkeerd net deur ons oë bepaal word, hoe kan ons die Nazi’s oortuig dat uitwissing van die Jode verkeerd was. Hulle het gedog hulle bewys ‘’n guns aan die mensdom. As ons erken dat ons eie oë nie voldoende is om sonde te definieer nie, moet ons vra wie se oë is dan voldoende? Is dit die oë van kundiges of van die meerderheid. Die Bybel se antwoord is reg. Sonde is as ons God se wil vir ons verontagsaam. Wat God as sonde sien, is sonde, maak nie saak wat ons dink of wat die kultuur dink nie.

 

  1. Dit herinner ons aan di misleiding van sonde. Dit herinner ons aan hoe maklik ons onsself mislei. Die Israeliete het sielkundige en kultureLe rasionalisering vir hulle sondes gehad. Hulle was in groepsontkenning. In hulle eie oë en persepsie het hulle niks verkeerd gedoen nie.  Op die bewuste vlak het hulle nie skuldig gevoel nie. Daar was ‘’n diep maar onderdrukte kennis dat hulle God se wil verwerp het. Hulle het baie verduidelikings vir hulle lewenswyse.aangevoer.

 

Ons weet nie watter redes hulle aangevoer het nie. Ons moet egter onthou dat die kern van alle sonde afgodery is. Afgode is nie noodwendig slegte dinge nie. Dit kan goeie dinge wees wat ons omskep het in ons uiteindelike doel en hoop. ‘’n Afgod is van nature misleidend. Dit sê vir ons ons doen die regte dinge, wanneer ons dit in God se plek as afgod geplaas het. Dit beteken ons moet ons geduig evalueer deur nadenke oor die Bybel en deur persoonlike aanspreeklikheid teenoor ander. Ons kry altyd maniere om ons sondes te rasionaliseer. Hulle lyk nie te sleg in ons oë nie: Satan paints sin with virtue’s colors (Thomas Brooks).




Hoe gebruik God vrae in die Bybel?

Hoe gebruik God vrae in die Bybel?

Alle ouers moes op ‘n stadium baie vrae van hulle kinders antwoord. Kinder op ‘n stadium is nuuskierig en het ‘n onuitputlike bron van vrae. Kinders vra dit, want hulle het nie die nodige inligting nie. Ouers vra ook vrae vir hulle kinders. Ons wil graag hê dat ons kinders teenoor ons moet oopmaak – ons wil graag weet wat in hulle lewens aangaan. Vrae wat ouers vra fokus nie so seer op inligting nie, maar op intimiteit.

Ons sien hier dieselfde optrede – vra vrae – maar met ‘n verskillende doel daaragter. God vra ook vrae. Ons sien dit dikwels in die Bybel:

  • Nadat Adam en Eva gesondig het, vra God: Waar is jy?
  • TOE Adam en Eva tevoorskyn kom, vra God vir Eva;  wat het jy nou gedoen?
  • Toe God op Job se aantygings reageer, vra Hy ‘n klomp vrae est begin met: Waar was jy toe Ek … (Job 38).
  • Toe Jona kwaad was omdat God gedoen het wat hy gevrees het – hy het nie die mense van Nineve gestraf nie – vra God vir hom twee maal: Het jy rede om kwaad te word? (Jona 4).
  • Toe die mense sê Jesus was ‘n profeet – Johannes die Doper of Elia – vra Hy vir sy dissipels: Wie sê julle is Ek? (Matteus 16:15)
  • Ons kan hierdie lys verder uitbrei.

 

Omdat vrae verskillende doelwitte het, afhangend van die geleentheid,  mag ons wonder wat God se bedoeling met hierdie vrae was. Ons weet dat God nie inligting soek nie, want Hy weet reeds wat die antwoord is. Hy ken die feite beter as die mense wat betrokke is. Hier kry ons een van die groot redes waarom God vrae vra: “Hy wil hê dat ons ons eie harte moet konfronteer. Hy vra vrae nie omdat Hy iets wil weet of verstaan nie, maar omdat Hy wil hê dat ons die waarheid van wat aangaan moet verstaan. Deur vrae dwing God ons om na onsself te kyk – ons hart en ons motivering.

Hy wil hê dat ons dit wat ons vantevore nie wou erken of nie raakgesien het nie, moet erken. God vra dit in die paradys, nie omdat HY nie weet nie.  Maar omdat Hy die vrees en skaamte wat ons laat wegkruip in die lig wil bring. Soos met Jona mag God ons dwing om ons vooroordele en bitterheid te konfronteer sodat ons deur sy genade en deernis daar verby mag beweeg.

God mag vir ons vra wie Hy is, nie omdat Hy vergeet het nie, maar omdat Hy wil hê dat ons die waarheid aangaande Hom moet praat. Sal ons genoeg moed hê om dit te antwoord. Om die vrae te atwoord, beteken nie dat ons ‘n nuwe stukkie inligting opdiep nie – it beteken dat ons die waarheid aangaande onsself sal konfronteer.

God vra vir ons, nie omdat Hy vergeet het nie, maar omdat Hy wil hê dat ons moet die waarheid aangaande onsself weet.




Die Koninkryk van God

Hoe heerlik klink in die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!”  Hoor, jou wagte roep hard, hulle jubel almal saam, want hulle sien dat die Here na Sion toe terugkom (Jesaja 55:7 – 8).

Die evangelieverhaal begin met hoop. God se mense, Israel word deur die Romeine onderdruk. Dan verskyn Jesus op die toneel as Koning. Nadat Hy deur Johannes die Doper gedoop is en die Heilige Gees ontvang het, verkondig HY bekering en goeie nuus vir die armes. In die Skrif lees ons van die wonderlike beloftes van ‘’n Koning wat sou kom.  Hy doen wonderwerke as tekens van die heelheid en seëninge wat sy bewind kan bring. Sy veldtog om die goeie nuus te verkondig en te demonstreer eindig in sy dood aan die kruis. Dit is duidelik dat sy dood nie iets toevalligs is nie. Sy dood was geen mislukking nie. Die einde was slegs die begin.   Jesus sterf in solidariteit met die swakkes; Hy sterf vir sondaars Sy opstanding was ‘’n oorwinning vir sy mense.

 

Die goeie nuus van die koninkryk is dat Jesus die straf van ons sondes op Hom geneem het. Hy gee aan ons die seëninge wat met volmaakte berou en bekering gepaard gaan. Sy versoening vir ons sondes is die goeie nuus van die Koninkryk. Christus is die genadige Koning wat almal wat na Hom toe kom, aanvaar.

 

Daarom is die Christelike lewe een van hoop. Hirdie is nie ‘’n hoop wat lyding en pyn ignoreer nie, maar ‘’n hoop wat na die gekruisigde Christus kyk wat die opgestane Here is. Soos die profeet, Jesaja, sê: “Jou God is Koning!” dit is die goeie nuus van die koninkryk

 




Hoe word ek geestelik fiks?

 

Hoe word ek geestelik fiks?

As ons mense se voornemens vir ‘’n nuwe jaar lees, is een van die algemeenste voornemens: ek wil hierdie jaar fiks word. Om dit reg te kry, het ek gesonde gewoontes nodig.. Ons kan dit ook op die Christelike lewe toepas – bou gesonde geestelike gewoontes:

  1. Geestelike gesondheid begin by die inname van die regte geestelike voedsel

Ons het die regte gesestelike voedsel nodig om ons geloof te voed, sodat dit in die waarheid gewortel is. Maar jy moet verkondig wat in ooreenstemming is met die gesonde leer (Titus 2:1). Gesonde leer leer vir ons wat die korrekte geloof is – geloof gewortel in die waarheid, in wat God sê. Hierdie geloof word nie beïnvloed deur vals leermeesters nie. Om behoorlik gevoed te word, moet Christene gereeld bid, ‘’n kerk wat op die evangelie fokus, bywoon en God se woord lees. So voed jy jou geestelik met gesonde voedsel

 

  1. ‘’n Gesonde geestelike lewenstyl is nie volledig sonder gereelde oefening nie.

‘’n Hardloper wat nie oefen vir die resies nie, sal sukkel om die wedloop te voltooi. Almal wat aan ‘’n  wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om ‘’n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons ‘’n onverganklike. Ek hardloop dan soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos ‘’n bokser wat nie in die lug slaan nie. Maar ek oefen my liggaam en bring dit onder beheer, sodat ek nie ander tot die stryd oproep en self nie kwalifiseer nie (1 Korintiërs 9:25 -27).  ‘’n Boom geplant in goeie grond en wat gereeld water kry, sal goeie vrugte dra. AS ek goeie vrugte wil dra, moet ek Christus lewenslank navolg en eer deur sy gebooie na te kom.

 

  1. Geestelike gesondheid vereis lewenslange dissipline

Om Christus te volg, is soos ‘’n resies – dit vereis oefening. Hierdie gewoonte is moeilik om te onderhou. Dit is moeilik om ‘’n slaai te eet as ons vriende ‘’n burger en aartappelskyfies eet. Ons voel nie altyd lus om kerk toe te gaan of om te bid of Bybel te lees nie. Hierdie gewoontes is lewensnoodsaaklik om te keer dat ons nie ontspoor word as ons versoek word of as ons twyfel odat ons misluk het nie. Gesonde gewoontes hou ons aan die gang as ons wil tou opgooi.

Om ons kruis op te tel en Jesus te volg vereis dissipline gelukkig laat Hy ons nie aan ons eie pogings oor nie. Hy gee aan ons die Heilige Gees wat in ons woon en wat in ons werk sodat ons kan groei.

 

  1. ’’n Gesonde geestelike lewenstyl vereis daaglike herinneringe aan God se genade en goedheid aan ons,

A ek misluk om ‘’n geestelike gesonde lewenstyl te leef, moet ek altyd onthou dat my verlossing nie afhang van wat ek doen dit nie. Di resies wat ons hardloop het ‘’n einde. Christus het reeds verseker dat as ons in Hom glo ons die resies as wenner sal voltooi. Hy is die versoening vir ons sondes en nie net vir ons sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld (1 Johannes 2:2) Hy het God se gebooie volmaak onderhou en al die hindernisse op ons pad oorwin – sonde dood en die duiwel.

 

Die angel van die dood is die sonde en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbart, altyd oorvloedig in die werk van die Here, sodat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie (1 Korintiërs 15:56 -58).