God se Woord en nederigheid

 

When our Lord says, we must be converted and become as little children, I suppose He means also, that we must be sensible of our weakness, comparatively speaking, as a little child.
 George Whitefield

 

God se Woord en nederigheid

Hebreërs 11 is ‘n gallery van geloofshelde. Ons almal weet dat die mans en vrouens in hierdie lys nie sonder foute was nie. Tog word hulle as voorbeelde voorgehou. Hoekom? Dit is immers vanweë hulle geloof dat daar oor die mense van die ou tyd met soveel lof getuig word (vers 2). Weer en weer fokus die skrywer op die geloof wat die gelowiges gemotiveer het. Deur die geloof het hulle koninkryke verower, die reg van God gehandhaaf en verkry wat God beloof het; hulle het leeus se bekke toegestop, gloeiende vuur geblus en aan die swaard ontkom; hulle het in swakheid krag ontvang, was sterk in oorlog en het die leërs van vreemdes op die vlug gejaag (vers 33 – 34).

 

Waarmee vergelyk die psalmis die gelowiges in Psalm 1? Hy is soos ‘n boom wat by waterstrome geplant is.  Hoekom ‘n boom? ‘n Boom se kenmerke is lewe, hy dra vrugte en hy is onbeweeglik. Maar die goddeloses is soos kaf wat deur die wind uitmekaar gewaai word. Hulle is nou hier, dan daar; altyd in beweging; altyd dood; geen toekoms nie.

 

Drie maal in Psalm 119 lees ons van hovaardiges – in verse 21, 51 en 85. Hulle is trots. Wat is hulle kenmerk? God se woord is nie vir hulle voldoende nie; hulle wyk af van sy wet en opdragte. Daar is die kern van trots – God het gepraat, maar dit is nie voldoende nie. Satan wil van Adam en Eva weet of dit regtig is wat God gesê het. Gou-gou word dit: “Maar God is verkeerd.” Baie min het in werklikheid verander. Ons bevraagteken steeds vir God.

 

Die gelowige is anders. Vir hom is God se woord voldoende: Die leeu het gebrul, wie sal nie bang wees nie. Die Here God het gepraat, wie sal nie as profeet optree nie (Amos 3:8); Hovaardige mense beswadder my, maar ek voer u bevele uit met my hele hart (Psalm 11969).

 

God se siening is duidelik. Onstabiele mense wat onbeslis is en kompromieë aangaan is nie nederig nie. Ek slaan ag op die mens in nood, op dié een wat berou het oor sy sonde, wat ontsag het vir my woord (Jesaja 66:2).

 

Opsommend: die kern van nederigheid is om ‘n duidelike woord van God te soek en te antwoord met “amen.” Jy vind dit; jy maak geen verskonings daarvoor nie; jy gaan nie daaroor kompromieë aan nie.

Die kern van arrogansie is om ‘n duidelike woord van God te neem en te reageer met: “Is dit wat Hy werklik gesê het?”

 

 




Die boustene vir ‘n Bybelse gemeenskap

 

Use the talents you possess, for the woods would be a very silent place if no birds sang except the best. –Henry van Dyke, digter (1852-1933)

 

Die boustene vir ‘n Bybelse gemeenskap

Gemeentes word groter. Hoe groter ‘n gemeente word hoe meer doelgerig moet hy kleiner word. Kleingroepe is die ideale manier om mikro-gemeenskappe in die groot gemeente te vorm.

 

Die krag van enige gemeente is sy kleingroepe. Wat tydens eredienste gebeur kry baie aandag, maar kleingroepe is die ruggraat van die gemeente. Hoekom? Omdat die krag van gemeenskap nooit onderskat kan word nie. Die probleem is dat die woord gemeenskap vir so baie dinge gebruik word dat dit verwarrend word. In Bybelse terme beteken dit dat ons aan mekaar net so toegewy is as wat ons aan Jesus Christus toegewy is.

 

Maar wat is die boustene vir Bybelse gemeenskap? Rick Warren beskryf tien boustene:

  • Frekwensie/Gereeldheid. Ons kan nie net elke af en toe bymekaarkom nie. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig (Hebreërs 10:25). ‘n Gewoonte is iets wat jy gereeld doen – jy doen dit oor en oor.
  • In gemeenskap deel jy jou ware gevoelens. Ons vermy dikwels egtheid as gevolg van vrees – vrees vir verwerping, vrees vir blootstelling en vrees dat jy weer gaan seerkry. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word (Jakobus 5:16).
  • As ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne (Romeine 1:12). Ons kan nie wees wat God wil hê dat ons moet wees sonder ander mense nie. Wederkerigheid bestaan uit wederkerige aanspreeklikheid, wederkerige bemoediging en wederkerige eer (Bewys eerbied teenoor mekaar (Romeine 12:10).
  • Ons respekteer ons verskille; ons respekteer ander al verskil hulle van ons.
  • Ons ondersteun mekaar as ons behoeftes of pyn het. Heiliges en geliefdes, as uitverkorenes van God, trek dus innerlike empatie, goedheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld aan (Kolossense 3:12 – Direkte Vertaling in Interliniêre Bybel).
  • Naas vrees vernietig trots verhoudings baie vinnig. Almal moet trouens teenoor mekaar nederig wees en mekaar help (1 Petrus 5:5). Nederigheid beteken dat ek eerlik oor my swakhede is – ek erken hulle; ek erken as ek ‘n fout begaan het.
  • Meeste mense het niemand wat bereid is om vir hulle die waarheid te vertel nie – om openlik met hulle te wees nie. Maar as ons die waarheid praat moet ons dit altyd in liefde doen.
  • Alle gemeenskappe bestaan uit onvolmaakte mense. Daarom gaan mense seerkry. Hoe hanteer jy daardie seerkry? Ons moet ander vergewe soos die Here ons vergewe het. Ons moet genade teenoor ander bewys – vergewe hulle.
  • Gemeenskap rus op die fondament van vertroulikheid. Skinder vernietig ‘n kleingroep baie vinnig. Lede moet mekaar met hulle geheime kan vertrou.
  • Ons ontdek eenheid in God se doel – nie in ‘n persoonlikheid nie. Eenheid beteken nie eenvormigheid nie. Eenheid is moontlik al is ons verskillend.

 




Vrees is my hoofvak

 

Though sin often brings immediate pleasure, it gives no lasting joy. —RC Sproul

 

Vrees is my hoofvak

Meer as ‘n dekade gelede het David Brooks ‘n geslag van elite universiteitstudente beskryf. Hulle het ‘n obsessie met prestasie gehad – iets wat aan hulle ‘n voordeel sou gee. Hulle kinderjare was met kognitiewe bevordering en geprogrammeerde aktiwiteite gevul. Dwarsdeur hulle skoolloopbaan het hulle gewerk aan hulle CV’s om gekeur te word vir die beste kursusse aan die beste universiteite. Dit word dan deur uitsoek loopbane gevolg.

 

Vandag is daar ‘n verskil. Hulle sien hulleself nie meer as rustig seil deur ‘n lewe vol prestasies nie. Hulle is bekommerd dat hulle prestasies nie voldoende sal wees nie. Hulle hardloop agter wat hulle toenemend sien as sukses wat hulle gaan ontwyk. Hulle word deur vrees gedryf. Hierdie vrees word eufemisties as angs beskryf. Die gedeelte wat volgens Amazon die meeste beklemtoon word op Kindle kom uit die tweede volume van die Hunger Games:  “Because sometimes things happen to people and they’re not equipped to deal with them.” Studente wil voortdurend verseker word dat hulle besig is om hulle toe te rus. Hulle hoop dat hulle prestasies hulle teen onsekerhede sal beskerm. Hulle werk om hulle onseker toekoms te probeer beheer.

 

Dit was nog altyd moeilik om die dieper vrae van die lewe te antwoord. Vandag se kultuur maak dit moeilik om net die vrae hieroor te vra. Van kinderjare het ons vertrou op die meting van instellings om ons te evalueer.

 

Is dit nie tipies van vandag se jongmense nie – die vrees vir mislukking nie. As daar een frase in die Bybel is wat oor en oor herhaal word, is dit: Moenie bang wees nie. Aanvaar dat God langs jou wil loop. Nooi Hom uit om dit te doen.

 

 




Geestelike vorming: Wat is dit?

 

God is well pleased when all our actions proceed from love, love to Himself, and love to immortal souls. George Whitefield
Geestelike vorming: Wat is dit?

Diane Chandler (Christian Spiritual Formation: An Integrated  Approach for Personal and Realational Wholeness) definieer geestelike vorming soos volg: ‘n Interaktiewe proses waardeur God die Vader gelowiges vorm na die beeld van sy Seun, deur die bemagtiging van van die Heilige Gees deur ontwikkeling in sewe primêre lewensdimensies – gees, emosies, verhoudings, intellek, roeping, fisiese gesondheid en rentmeesterskap van hulpbronne – te bevorder.

 

Hoe lyk dit in die praktyk?

  • As gevolg van God se bedoeling, moet die liefde van God ontvang en oorgedra word. (Betuig julle liefde vir Hom, julle almal wat die guns van die Here geniet. Die Here beskerm dié wat aan Hom getrou is, maar dié wat teen Hom opstandig is, straf Hy swaar – Psalm 31:24). Hoe doen ons dit? God het ons geroep om verenig met sy Seun, Jesus Christus, te leef (1 Korintiërs 1:9), en met ander lede van die liggaam van Christus. (Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus Christus, sy Seun, ons van elke sonde (1 Johannes 1:7).
  • Ons verheerlik God deur rentmeesters van al ons lewensdimensies te wees. Dit beteken ons is sy ambassadeurs in ‘n stukkende wêreld. Ons kan alleenlik doeltreffende rentmeesters wees deur sy genade.
  • Hierdie proses begin deur te erken dat Jesus vir ons sondes gesterf het; Hy het die prys vir ons ewige verlossing betaal. Ons ontvang Hom in geloof as ons persoonlike Verlosser en Here.
  • Daarna begin die herstelproses om meer en meer soos Jesus te word om Hom so te verheerlik. Hierdie herstelproses begin in die sewe lewensdimensies.

 

Sentraal in ons verstaan van hierdie proses staan God se liefde. God is die oorsprong van alle liefde. Hy het dit vir ons aan die kruis geopenbaar. Ons verheerlik God deur onsself vir sy ontwil – en die ontwil van ander – te verloor. Goddelike liefde beteken ek gee aan ander.