God hou van Gomers en Hosea’s

God hou van Gomers en Hosea’s

Die meeste mense glo hulle moet hulleself reinig en ‘n klomp veranderinge maak voordat God hulle sal ontvang. In stories soos dié van Hosea sien ons dat hy sy liefde vir haar gegee het terwyl sy nog ‘n prostituut was. Sy moes nie eers van prostitusie loskom en haarself reinig om Hosea se liefde te ontvang nie. Hy bied dit aan haar vryelik en onvoorwaardelik.

Hosea is ‘n model van God se liefde vir ons; aanvaarding, vergifnis en onvoorwaardelike liefde kom eerste. Daarna volg veranderinge in reaksie.

Jesus ontmoet sy eie Gomer in Johannes 8. Hulle bring ‘’n vrou na hom wat op owerspel betrap is. In die kultuur van destyds word so ‘’n persoon gestenig. Die Joodse leiers bring hierdie vrou na Jesus. Hulle is gereed om haar dood te maak. Hulle vra Hom wat hulle met haar moet doen. Wat’ sê Jesus? Laat die een van julle wat ‘’n skoon gewete het, eerste ‘’n klip op haar gooi.  Hulle laat val hulle klippe en loop weg. Jesus vra vir haar waar haar aanklaers is. Sy antwoord dat hulle almal weg is. Net Hy sou geregverdig gewees het om haar straf te voltrek dan hierdie asemrowende stelling van Jesus: ek doen dit ook nie gaan maar en moet van nou af nie meer sonde doen nie. Ons sou die stelling omgedraai het: “as jy nie meer sondig nie sal ons jou nie veroordeel nie. Reinig jou lewe en dan kom jy terug na ons toe.”

Jesus aanvaar voor verandering. Jesus se aanvaarding is die krag wat ons vrymaak van sonde en nie die beloning omdat ons onsself vrygemaak het nie. Die vrou en Gomer sou nooit die krag gehad het om die siklus van owerspel te verbreek nie. Eers as sy die warmte van aanvaarding ondervind het sy die krag om die siklus in haar eie lewe te breek. Hosea se liefde is die spieëlbeeld van God se liefde – die liefde wat aanmekaar na haar terugkom – selfs as sy haar rug op hom draai.

God se aanvaarding is die krag wat ons van sonde vrymaak

God wou nie net gehad het dat Hosea leer van sy liefde vir sy mense nie. Hy wou gehad het dat Hosea self daardie soort liefde moet gee. Daarom sê God vir hom: gaan knoop weer ‘’n liefdesverhouding aan met ‘’n vrou wat vir ander mans lief is en egbreuk pleeg, net soos die Israeliete  vir wie Ek, die Here, lief het, ander gode aanhang en lief is vir rosyntjiekoeke (Hosea 3:1). Hy verwag dieselfde van ons.

Hy wil hê dat ons wat herhaaldelik sy uitgetrekte arms ervaar het, die uitgestrekte arms van Hosea moet word. In die evangelie kom aanvaarding eerste en verandering tweede. Net deur die warmte van aanvaarding kan ons die krag om te verander ervaar. Maar die Here sê vir ons: Gaan weer! Gaan weer.

Selfs dan sal die Gomers in jou lewe nie almal verander nie. Sommige Gomers verander nooit nie. Maar God se doel van die begin is dat jy moet verander van iemand wat totaal afhanklik van sy genade is na iemand wat sy genade uitdeel. God wil jou meer soos Hom maak

Jou situasie is nie so dramaties soos Hosea s’n nie. Ons almal het Gomers in ons lewens wat ons sleg behandel. God gebruik die Gomers in ons lewe om ons te leer om weer en weer na daardie mense te gaan, hulle te aanvaar en te vergewe en lief te hê – net soos Hy vir ons gedoen het.

 




As God vir ons is, hoekom … ?

In Hoofstuk 6 kry ons twee gesprekke tussen God en Gideon.

As God vir ons is, hoekom … ?

In Rigters 6 kry ons twee gesprekke tussen God en Gideon.

In die eerste gesprek kry ons twee verskillende perspektiewe van Israel se probleem en Gideon se vermoë. In die eerste gesprek begin die Engel van die Here met: Die Here is by jou, dapper man.. Gideon aanvaar dit nie: As God  by die Israeliete was sou Hy hulle sekerlik nie aan die Midianiete oorgegee het nie.. Hy sou hulle, soos hulle voorsate gered het. God het hulle aan die Midianiete oorgegee om vir hulle te wys dat afgodery negatief werk. God het hulle nie verlaat nie, maar hulle het Hom verlaat. Gideon sê vir die Engel dat hulle iemand soos Moses nodig het om hulle te verlos soos hy Israel uit Egipte verlos het. Toe sê die Here vir Gideon: ek stuur jou.(6:13) God sê vir Gideon: Jy is die verlossing wat ek stuur. Jy is my magtige kryger. Jy is die Moses vir hierdie geslag.

Ons is ook geneig om beide van Gidon se foute te maak:

  1. Ons sien ons probleme as ‘n bewys dat God ons verlaat het. Ons moet eerder vra hoe God in en deur ons probleme vir ons beswil werk: Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is (Romeine 8:28).
  2. Ons wag dikwels vir God om iets vir of aan ons te doen of wonder waarom Hy nie iemand gebruik om te help nie. Ons moet eerder vra dat God ons die persoon sal maak wat die probleem verwyder.

God sê vir Gideon dat Hy die man is wat Hy stuur om Israel uit Midian se hand te verlos. Hier volg nou die tweede verskil tussen God en Gideon. Gideon maak beswaar sy familie is die armste in di hele Manasse en van al sy pa se kinders het hy die minste aansien – hy is die armste lid van die swakste stam. Hoe kan hy nou vir Israel red?  Maar die engel het reeds na Gideon as dapper man aangespreek. Hoekom? Hy is dan die man wat vreesbevange in ‘n parskuip wegkruip om daar koring uit te slaan. Spot die Here met hom? Om in ‘n parskuip weg te kruip is rog nie dapper nie. Of is Gidon maar net nederig as hy verskonings maak. Wat hier gebeur is dat niemand God s  mag ernstig opneem nie. As God sê dat hy ‘n dpper man is dan is hy een. Hy moet gaan met die krag wat hy het (6:14), maarGideon se potensiaal alleen is nie voldoende nie. Dit moet saamgaan met die wete dat God hom stuur en dat God met hom sal wees.. Gideon is korrek dat hy nie Israel kan red nie- nie in sy eie krag nie. Maar met sy eie krag en die wete dat God hom geroep het en by hom sal wees, kan hy die Midianiete verslaan.

As God se mense vandag het ons dieselfde gesindheid nodig na waar God ons geroep het.




Is kekbywoning opsioneel vir Christene?

Is kekbywoning opsioneel vir Christene?

Daar is ‘n neiging by party mense om alleen in ‘’n kamer te sit en “kerk” op hulle eie te doen. Hierdie is ‘’n teenstrydigheid – jy kan nie kerk op jou eie doen nie. Hoekom nie?

  1. Kerkbywoning is ‘’n sigbare uitdrukking van ‘’n onsigbare werklikheid – jy is ‘n lid van Christus se liggaam

In die vroeë kerk het ons gereeld die Latynse uitdrukking extra ecclesiam nulla salus gekry. Dit beteken buite die kerk geen verlossing nie. Wat dit beteken is dat jy nie ‘’n lid van Christus kan word sonder om ‘’n lid van sy liggaam (= die kerk) te word nie.  Dit beteken nie dat verlossing net van ‘’n priester of pastoor of predikant kom nie. Dit beteken wel dat niemand aan Christus in verlossing gebind word sonder om aan sy mense gebind te word nie. Lees net 1 Korintiërs1212 – 31 waar Paulus skryf oor die een liggaam met die baie lede. Die liggaam van Christus is ’n universele fisiese werklikheid. As jy sê jy is deel van daardie liggaam sal jy binne die liggaam gevind word., en jy doen die dinge wat die liggaam doen. Uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie en so bou die liggaam homself op in liefde (Efesiërs 416).

  1. Kerkbywoning is ‘n fisiese praktyk wat ons vorm

Ons leef in ‘n kultuur wat predik: Jy is wat jy doen.” As jy gaan stap neem jy foto’s en plaas it op Instagram. So bou jy jou aanlyn identiteit. Jy dokumenteer wat jy doen, want dit is hoe ons ons in ons kultuur identifiseer. As dit egter by kerkbywoning kom, verander ons ons deuntjie: “Ek is ‘’n Christen; ek gaan net nie kerk toe nie.” Soos ons in die kerkbanke sit wag ons geduldig op die koms van ons Koning. As ons bely, herinner ons ons daaraan dat God groter as ons is;  as ons na die preek luister, word ons daaraan herinner dat sy woord ons gesag is; as ons skouers skuur met ander gelowiges word ons daaraan herinner dat ons nie alleen op hierdie geloofsreis is nie. Vir Christene is kerkbywoning ‘n fisiese praktyk wat ons vorm in die identiteit waarop ons aanspraak maak.

  1. Kerkbywoning is Christelike gehoorsaamheid.

Im die Weste het ons ‘’n kerkkultuur van voorkeure aanvaar. As ek nie van die aanbiddingstyl van ’n gemeente hou nie, soek ek ‘n ander een. Daar is geen gemeente wat aan my voorkeur om Sondae laat te slaap, voldoen nie. Kerkbywoning is nie opsioneel mie, dit is ‘n saak van gehoorsaamheid. Ons moenie van die samekomste van die gemeente  af wegbly, soos party se gewoonte is nie. Maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan en dit des te meer julle die oordeelsdag sien naderkom (Hebreërs 10:25). Geloof groei in die geloofsgemeenskap

Die nagmaal en die doop kan nie in isolasie ontvang word nie. Jy kan nie jouself doop nie – dit gebeur net in die geloofsgemeenskap daarom moet gelowiges deel wees van die plaaslike gemeente as ‘’n teken van gehoorsaamheid.

 




Jamerte teenoor bekering

Jamerte teenoor bekering

TOE DIE Israeliete tot God roep om hulp stuur Hy vir hulle ‘n profeet (Rigters 6:7) God herinner die Israeliete aan twee dinge: wat Hy gedoen het en wat Israel gedoen het. Maar julle het nie na My geluister nie (6:10). God stuur ‘n profeet om hulle van hulle sonde te oortuig voor Hy ‘n rigter stuur om hulle te red van die onderdrukking. Hoekom? Die mense is jammer, maar hulle bekeer hulle nie. Die Bybel onderskei tussen die twee: Want droefheid volgens die wil van God bring bekering wat tot redding lei en daaroor was niemand nog ooit jammer nie. Daarteenoor bring droefheid uit wêreldse oorwegings die dood. (2 Korintiërs 7:10). Beide word deur droefheid en nood gekenmerk. Maar hulle verskil.

  • Wêreldse droefheid bring geen ware verandering nie terwyl bekering dit wel doen. Hoekom? Droefheid is hartseer oor die gevolge van die sonde, maar nie oor die sonde self nie. As daar geen gevolge was nie, sou daar geen hartseer gewees het nie. Daar is geen droefheid oor die sonde self nie – van wat dit is en hoe dit God bedroef nie en hoe dit ons verhouding met Hom skade aandoen nie. Die fokus is alles wêrelds. Dit is nie droefheid oor die sonde wat ons verhouding met God beïnvloed nie. Sodra die gevolge verdwyn keer die gedrag terug
  • Wêreldse droefheid bly jammer, terwyl bekering alle jammerte oor die verlede verwyder. Ware bekering fokus op die ware en permanente gevolg van sonde – die verlies aan die Here. Bekering laat ons  verby dinge wat gebeur het beweeg. As ons besef dat God ons vergewe het en dat ons Hom nie verloor het nie besef ons die wêreldse resultate is klein in vergelyking.
  • Na ware bekering en ons versoening met God haat ons nie onsself en ons lewens nie. As iemand ontroosbaar is, beteken dit dat hy iets anders as God sy god en verlosser gemaak het. Dit is ‘n afgod.

Jammerte gaan oor ons – hoe ek seergekry het; hoe my lewe verwoes is; hoe my hart gebreek is. Bekering gaan alles oor God: hoe Hy seergekry het; hoe ons sy herhaalde verlossingsoptrede afmaak. God stuur sy profeet na Israel om hulle verby jammerte na bekering te beweeg.

Wat kan ons hieruit leer. Belangrik: waaroor is ons jammer? Die sonde of die gevolge van sonde; die verlies van dit wat ‘n afgod bied of die skade aan ons verhouding met God?

Hier is twee ander implikasies:

  1. Ons moet na God se woord luister. Die mense roep uit vir ‘’n dramatiese wonderwerk en God stuur vir hulle ‘n profeet met ‘’n preek. Ons moet die Bybel bestudeer daar leer ons wie ons is – dit is hoe God geestelike vernuwing in ons droefheid en lewens bring.
  2. Ons moet onderskei tussen die normale terugvalle op die pad na toenemende Christelike volwassenheid en waar jy vashaak – ‘n gereëlde patroon van terugvalle en geen vordering nie. As jy gereeld in dieselfde geestelike put val en die terugvalle verminder nie, reageer jy met droefheid en jammerte. Jy is nie bereid om die afgod in jou lewe te identifiseer en te verwerp nie- die sonde is nog te aantreklik vir jou. Die probleem hier is dat ons dikwels sukkel om die regte perspektief op ons harte te kry. Daarom het ons verskeie sterk Christene nodig wat vir ons kan help en vertel wat die verskil is.