Die Sondaar se gebed

Die Sondaar se gebed

Hierdie is ’n gebed waarin jy jou sonde bely, jou behoefte aan Jesus erken en waarin jy sê dat jy jou lewe aan Hom sal gee. Is hierdie gebed van waarde?

 

Natuurlik word dit aanbeveel dat ons met sondaars oor geloofsake moet praat. Dit is immers Jesus se laaste opdrag aan sy kerk. Ons moet hulle vertel dat daar ‘’n hemel en ‘’n hel is, dat Christus die enigste Verlosser is en dat ons nie ons eie weg na verlossing kan uitwerk nie. Wat egter verkeerd is, is om te dink jy kan hierdie gebed bid en jy sal gered word.

In die laaste groot herlewing in die VSA is mense nie opgeroep om te bid nie, maar om berou te hê en te glo. Nooit is gesê dat jy gered kan word as jy hierdie gebed bid nie. Inplaas daarvan dat ons verklaar iemand is ‘n Christen is nadat hy die gebed gebid het, is dit beter dat iemand eers verder onderrig word. Om te sê iemand is verlos nadat hy oor sekere waarhede van Jesus saamgestem het, kan ‘’n kultuur van vals belydenisse skep waar mense se lewens geensins verander nadat hulle die gebed gebid het nie.

 

 

 




Hy het gered … hy sterf

Hy het gered … hy sterf

In Rigters 3:7 – 11 het ons die ideale siklus. In vers 7 aanbid Israel afgode. In vers 8 gee die Here hulle oor in die hande van hulle vyande wat hulle onderdruk het. In vers 9 laat God ‘’n redder vir Israel na vore kom. Dan gee HY die vyandige koning oor in die hande van Otniël. Otniël verslaan die vyand. Uiteindelik het die land vrede. Hier is twee stellings wat uitstaan:

  1. Hy red hulle (vers 9). Herstel en herlewing kom net na Israel as God deur sy verkose redder werk. Die vrede om God te dien in plaas van slawe van afgode te wees, kom net deur God se verlossende optrede. Ons kan nie herlewing forseer of fabriseer nie. Ons kan net na God uitroep om te red.
  2. Die episode eindig nie met vrede nie, maar met die dood: toe is Otniël seun van Kenas dood. Verlossing en vrede berus by die leierskap van God se rigter. Otniël was ‘’n goeie rigter; die vrede is ‘’n werklikheid, maar dit kan nie onbeperk voortduur nie. Otniël sterf’. Siklusse van herlewing in die geskiedenis van die kerk duur ook nie vir altyd nie – dit is tydelik. Vir permanente herstel en oneindige vrede het God se mense ‘n leier nodig wat nie sterf nie. Wat ons nodig het, is die Een wat sê: Ek was dood en kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid (Openbaring 1;18). Die 40 jaar van vrede wat Otniël gebring het voor hy gesterf het, maak dat ons Jesus moet dank vir die ewige vrede wat Hy bring – selfs na sy dood.

 

 




Hoe bring God herlewing?

Hoe bring God herlewing?

Rigters 3:7 fokus op wat die Israeliete doen – hulle vergeet die Here en aanbid afgode. Vanaf vers 8 neem God oor.  Toe het die Here kwaad geword. Daar kom moeilikheid. Hy gee hulle oor in die mag van koning Kusan-Risatajim –  net soos Israel hulle reeds as die Baäls en Asjeras oorgegee het.

As die Here nie lyding en probleme gebring het nie, sou die mense nooit hulle ware posisie raakgesien het nie. Hulle sou nooit besef het hoe verslaaf hulle was nie en die oordeel wat vir hulle voorgelê het nie. Die Here laat die Israeliete swaarkry, nie om hulle terug te kry nie, maar om hulle te verlos. Hy doen dit steeds: maar nou word ons deur die Here geoordeel en getugtig sodat ons nie saam met ie wêreld veroordeel sal word nie (1 Korintiërs 11:32).

Hulle word fisies onderdruk en na agt jaar roep hulle tot die Here en hy het vir hulle ‘’n redder na vore laat (3:9) kom. Al wat die Israeliete tot hulle redding bygedra het, was dat hulle tot die Here geroep het. Dit beteken dat hulle hul na God teruggekeer het. Hulle het berou gehad. Berou is noodsaaklik vir vernuwing en herstel. Hulle reaksie op die verdrukking was korrek: hulle het gesien hoe God se hande op die agtergrond gewerk het. Dan kyk hulle eerlik na hulleself en roep tot die Here vir herlewing

God het moeilikheid gestuur, maar nou stuur Hy geestelike leierskap. Sy verkose leier is Otniël. God red sy mense deur die verkose leier. God stuur ook sy Gees: Die Gees van die Here was op hom en hy het oor Israel geregeer (3:10). Otniël maak toe oorlog teen koning Kusan- Risatajim. Let op die verskil tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament. In die Ou Testament stuur God sy Gees na een leier. In die Nuwe Testament stuur God sy Gees na almal –die hele kerk (Handelinge 4:31).

Opsommend: God stuur moeilikheid, leierskap en sy Gees. Dit bring herstel: die Here het hom (Kusan-Risatajim) oorgegee in die mg van Otniël. Hy het vir Kusan Ritsatajim verslaan. Daarna was daar veertig jaar vrede in die land. Dit was vrede van fisiese onderdrukking, maar ook van die geestelike onderdrukking van afgode. Israel was weer gehoorsaam aan die Here.

 

 




Ek het God vergeet

Ek het God vergeet

Die Isaraeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here (Rigters 3:7). Wat beteken dit?

  • Hulle het van die Here af weggedraai – hulle het Hom vergeet; en
  • Hulle het afgode gedien.

In die Bybel het om die Here te onthou en te vergeet ‘n geestelike betekenis. As mense in die Ou Testament  God gevra het dink aan u barmhartigheid en troue liefde, Here (Psalm 25:6) en moenie ons sonde vir altyd teen ons hou nie, onthou tog ons is almal u volk (Jesaja 64:9) het hulle nie gedink God sou letterlik vergeet het wat iemand gedoen het nie of dat Hy sou vergeet wie Hy is nie. As God gevra word om in sy liefde en barmhartigheid aan hulle te dink, vra hulle Hom om volgens sy karakter op te tree. As iemand vra dat God nie sy sondes moet onthou nie, vra hulle dat God nie sal optree volgens wat Hy weet nie.

 

Die Israeliete het geweet wie God is en wat Hy wou gehad het, maar dit was nie vir hulle ‘n werklikheid nie. Dit is steeds vandag ‘n geestelike probleem. Wat ons in ons “koppe” weet is nie ‘n werklikheid in ons harte en hele wese nie. Ons erken intellektueel dat iets waar is, maar dit beheer ons nie in ons harte nie. Die Israeliete, soos ons, het voortdurende herlewing nodig, want waarhede aangaande God wat eens lewenskragtig en werklik was, word onwerklik. Ons ken die waarhede aangaande God, maar dit is geen werklikheid in ons harte nie. – ons proe en voel en sien dit nie. Daarom word afgode meer werklik in ons harte.

Die geneesmiddel is om te verseker dat ons hart onthou, is: En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense (2 Petrus 1:5 – 7). As iemand nie hierdie kenmerke het nie, hoekom nie. Het hy nie hard genoeg probeer nie. Nee. Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig het – hy het vergeet. Daarom:  om hierdie rede sal ek julle altyd aan hierdie dinge herinner al weet julle dit (2 Petrus 1:12). Petrus sê dat as die vergifnis en verlossing van Christus vir jou ‘’n werklikheid is, sal jy dit in jou karakter en lewe uitleef. Jy moet herinner word aan wat jy reeds weet; hierdie waarhede moet in jou hart werk en dit moet ook in jou verstand verstaan word. Die probleem wat die Israeliete gehad het, het ons ook.  Hoe kan ons seker maak dat ons onthou. Hier is drie voorstelle.

  1. Jesus het vir ons ‘n visuele beeld gegee van wat Hy vir ons gedoen het – die Nagmaal. As Hy sê: Gebruik dit tot my gedagtenis (Lukas 22:19). Moet hierdie waarhede in jou hart werk en in jou verstand verstaan word. Maar ons vergeet steeds. Met die Nagmaal hernuwe die werklikheid van die evangelie in ons harte.
  2. As ons die Bybel lees, moet ons dit nie net vir inhoud bestudeer nie ons moet leer om na te dink sodat ons nie net die waarhede erken nie, maar hulle onthou en deur hulle geroer word.
  3. Jesus het die Nagmaal gesien as ‘n gemeenskapsgebeurtenis. Ons moet herinner word om God se waarhede te leer en toe te pas in groepe. As verskeie mense na ‘’n waarheid kyk, kan ten minste een persoon sê sjoe, Dit kan dan na die ander versprei. Daar is nie iets soos ‘’n Christen wat in isolasie werk en lewe nie. Ons moet deel wees van die geloofsgemeenskap.