Vertoue

 

Then, too, it was our intention and our hope, when we began to put the Bible into German, that there would be less writing and more studying and reading of the Scriptures – Martin Luther

 

Vertoue

‘n Kragtige woord. Wat beteken dit? Volgens HAT: Geloof aan iemand se eerlikheid en trou; oortuiging, hoop. Webster’ Unabridged woordedoek (1983) gebruik twee Bybelse verwysings om die woord in konteks te illustreer. Want U, Here, U is my hoop, op U, Here, het ek van jongs af vertrou (Psalm 71:5); As jy vir mense bang is, kan jy in ‘n strik beland, maar as jy jou vertroue in die Here stel, is jy veilig (Spreuke 29:25).

 

Ons as Christene beklemtoon dikwels kopkennis – glo die korrekte leer. Maar die belangrikste gesindheid vir ‘n Christen is vertroue. Ons vertrou op die Here, want Hy is betroubaar:

Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staat maak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop (Spreuke 3:5 – 6).

Vertrou altyd op die Here, want die Here God is ‘n veilige toevlug (Jesaja 26:4).

 

Vertroue in God staan sentraal in ons geloofslewe. Maar wat beteken dit om op die Here te vertrou?

  • Ons kan ons vertroue in ‘n politieke sisteem plaas – moeilik om nou te doen.
  • Ons kan ons vertroue in leraars en Christenleiers plaas.

Dit is nie dieselfde as om ons vertroue in God te plaas nie.

N.T. Wright (Simply Christian) sê dat die evangelie goeie nuus is van wat die Skeppergod in Jesus Christus gedoen het – dit is nuus oor iets wat gebeur het. Die regte reaksie op hierdie nuus is om dit te glo. Maar die boodskap klink so ongelooflik – moeilik om te glo. Om te glo dat God Jesus uit die dood opgewek het, is ‘n saak van glo en vertrou in die God wat so iets gedoen het.

This is where our word “belief” can be inadequate or even misleading.What the early Christians meant by “belief” included both believing that God had done certain things and believing in the God who had done them. This is not belief that God exists, though clearly that is involved, too, but loving, grateful trust.

Die Here wat ons vertrou, is die Here in wie ons glo.

 

 




Psalm 27 (4)

 

Nothing that has not died will be resurrected – C. S. Lewis.

 

Psalm 27 (4)

[Ek gaan dwarsdeur van die Nuwe Testament en Psalms. ‘n Direkte Vertaling van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika (2014) gebruik maak.] Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie psalm spandeer.

Billy Graham lees elke maand al 150 psalms. Vir hom het hulle duidelik ‘n besondere betekenis. Meeste van ons, ek ingesluit, lees die psalms nie so sistematies nie – ons pik hier en pik daar. Daarom het ek besluit dat ek hierdie jaar ‘n bietjie dieper in die psalms wil delf. Ek het veral gebruik gemaak van John Goldingay se drie-volume kommentaar – Psalms.

 

Teologiese implikasies

Hierdie psalm word dikwels met Romeine 8:31 – 39 vergelyk. Ons moet egter nie die psalm se vertroue en die gebed net sien as in die geestelike sfeer nie. Dit geld ook vir die sekulêre en materiële gebiede. Die psalm getuig van die ondervinding van God wat teen wêreldse aanvallers beskerm. Die psalmis bid dat die Here dit weer sal doen. Hy moedig homself aan om aan te hou verwag dat God dit weer sal doen.

 

In hierdie psalm kry ons ‘n sterk band tussen getuienis of danksegging, tussen gebed of pleidooi en seldbemoediging. Getuienis kry sy bestaansdoel deels daarin dat dit die getuie  aanmoedig om met vertroue te bid.

 

In gebed trek ons voordeel as ons onsself herinner aan die geleenthede waar ons God gevra het om ons te beskerm en Hy dit gedoen het. Dit bou ons vertroue op om God te vra om dit weer te doen – en oortuig te wees dat Hy dit sal doen. Verwagting berus op nadenke oor ons ondervindings en van gebed wat met vertroue op ons ondervindings bou.

 

 

 




Aanneming

 

Do not look for trials and assume extreme penances but learn to accept the myrrh of suffering sent by God, for when accepted lovingly, these bring joy – Johannes Tauler

 

Aanneming

Teologies is aanneming die optrede van God waardeur gelowiges deel van God se familie word met al die voorregte en verpligtings van ‘n familielid. Reeds in Jesaja 43:6 – 7 lees ons: Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af, elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het.

 

Volgens die Nuwe Testament is alle mense van nature sondaars: ons was van nature kinders van toorn (Efesiërs 2:3 – Direkte vertaling). Maar in 1 Johannes 3:1 lees ons: Kyk watter groot liefde die Vader aan ons bewys het: Hy noem ons kinders van God. Die aanneming waardeur ons van kinders van toorn na kinders van God verander word se oorsprong is God se liefde en die fondament waarop dit rus is Jesus Christus.

 

In God se geliefde Seun word sondaars uitverkies deur God die Vader om sy kinders te wees (Efesiërs 1:4 – 6). Hierdie aanneming is deur Jesus Christus verseker. Deur sy dood en opstanding het Hy die sonde en die dood vernietig. Deur Hom voldoen ons aan die vereistes van kindskap. Christus is die Hoof van hierdie “nuwe verbond” as sy middelaar en waarborg. Ons is nou mede-erfgename met Hom. God gee aan hulle die Gees wat hulle tot kinders van God maak (Romeine 8:15). Die inwonende Heilige Gees verseker gelowiges dat hulle waarlik kinders van God is en stel hulle in staat om God as Vader aan te spreek.

 

Aanneming is ‘n voordeel wat God se kinders reeds geniet, maar die volle omvang van hierdie voordeel word eers besef met ons opwekking uit die dood.

 




‘n Disputasie

 

One flower never makes a spring – Chinese spreekwoord.

 

‘n Disputasie

[Disputasie = debat, redestryd – HAT]

“’n Disputasie oor die krag en doeltreffendheid van die aflaatstelsel.” Hierdie is die volle titel van wat algemeen as Martin Luther se 95 stellings bekend staan. Die vorm van hierdie dokument is deur die akademiese praktyk van destyds bepaal. Die disputasie was ‘n welbekende instelling. Dit was ‘n debat gevoer volgens aanvaarbare reëls. Die onderwerp is deur die hoof disputant gekies. Geen student se akademiese opleiding is as afgehandel beskou voordat hy hom nie suksesvol in so ‘n debat verdedig het nie. Dit was die gebruik om die onderwerp wat bespreek sou word in ‘n reeks tesisse of stellings uiteen te sit. Hulle het dan die basis vir die argument gevorm.

 

Die skrywer verklaar homself gereed om sy stellings teen enigeen te verdedig. So ‘n akademiese dokument, een van honderde, is die disputasie wat vir ons geskiedkundig van groot belang was. Hierdie stellings is op Allerheiligedag (All Saints’ Day) gepubliseer – 31 Oktoner 1517. Hulle was bedoel vir die Unuversiteitsmense en nie vir die algemene publiek nie. Ook die manier waarop hulle gepubliseer was, was akademies – hulle was op die deur van die Church of All Saints – ook bekend as die Kasteelkerk – vasgespyker. Dit was die gewone plek waar sulke aankondigings aangebring is. Dit was die voorloper van die swartbord van die latere Duitse universiteite.

 

Hierdie stellings was in Latyn geskryf – baie van die publiek sou dit nie verstaan het nie. Hoekom juis hierdie dag? Dit was die algemene dag vir sulke publikasies – Allerheiligedag. Dit was ook die dag waarop die kosbare aandenkings/ reliekwie (Rooms-Katoliek) ten toon gestel is. Dit was dus die dag waarop almal aan die aflaatstelsel gedink het.

 

Maar die stellings en hulle gevolge was nie tot Wittenberg beperk nie. Tot Luther se verbasing sirkuleer hulle deur die hele Duitsland. Binne twee maande is drie uitgawes van die Latynse teks gedruk. Kopieë is na Rome gestuur. Uitgawes in Latyn en Duits was vinnig beskikbaar. Luther se tydgenote het die publikasie van die stellings as die begin van die Hervorming gesien.

 

As ons hierdie stellings deurlees, moet ons twee feite in gedagte hou:

  • Op hierdie stadium was Luther nog ‘n toegewyde Katoliek. Hy het geen vermoede gehad van hoe ver hy innerlik reeds van die onderrig van die Katolieke Kerk afgewyk het nie. Sy teenstanders het, beter as Luther self, die betekenis van hierdie “akademiese protes” verstaan.
  • Die doel van die disputasie was om die onderwerp van boetedoening en die aflaatstelsel te bespreek. Luther het die kerk daarvan beskuldig dat hulle die stelsel gebruik het as ‘n kwytskelding van sondes. Die stelsel hou verband met die sakrament van boetedoening. Luther sien dit as ‘n bron van inkomste.