“Since our goodness cannot reach the Lord…we must exercise it towards the saints who are on earth” ~ John Calvin
By Paulus se dood
Het jy al ooit gedink wat jy op jou grafsteen geskryf wil hê? Morbiede vraag? Ons moet periodiek stop en aan ons lewens dink. In Handelinge 20 gee Paulus ‘n afskeidspraatjie aan ‘n klompie vriende – die ouderlinge van Efese. Dit is eintlik ‘n opsomming van sy hele lewensfilosofie. Hy maak vyf stellings.
- Ek was getrou om te doen wat Jesus vir my gesê het om te doen
Maar al is my lewe vir my kosbaar, reken ek dit van geen belang nie as ek maar net my lewenstaak kan voltooi en die dienswerk wat ek van die Here Jesus gekry het, kan klaar maak (20:24) Dit is al wat saak maak. Daar is mense wat glo dat hulle taak is om die hele wêreld reg te kry; hulle dra die gewig van die wêreld op hulle skouers. Ongelukkig voel dit asof niks wat hulle doen ooit genoeg is nie. Dan is daar mense wat glo dat God geen verantwoordelikheid aan hulle gegee het nie. Ons is nie verantwoordelik om die wêreld te red nie, maar ons moet die lewenstaak wat Jesus vir ons gegee het, vervul. Sukses in die lewe is om te identifiseer waarvoor God jou geroep het en dit getrou te doen.
- Ek het die waarheid vertel
Julle weet dat ek niks teruggehou het wat vir julle voordelig kon wees nie (20:20); Want ek het nie nagelaat om die heilsplan van God in sy volle omvang aan julle te verkondig nie (20:27). Paulus was nie verantwoordelik vir die inhou van die boodskap nie – hy het dit net oorgedra. Natuurlik kan die waarheid van die evangelie vir sekere mense aanstoot gee. Mense hou nie daarvan om van sonde en die oordeel van God te hoor nie. Daarom verkondig ons nie die hele evangelie nie, want dit is ongemaklik. Charles Spurgeon sê: .”
- Ek het mense se aandag op Jesus en nie op myself gevestig nie
Paulus beskryf sy bediening as een gevul met nederigheid en droefheid (20:19). Dit is nie hoe meeste van ons ons lewens sou opsom nie. Ons verkies woorde soos oorwinning, mag en geluk. Nederigheid is nie in die Griekse samelewing as ‘n deug gesien nie. Hoekom is dit in die Christelike geloof ‘n deug? Want die Christelike geloof gaan nie oor mense met buitengewone karakters nie, maar oor ‘n groot Verlosser wat die swakste mense – gebroke en sondig – kan red.
Ek het sterk geëindig
Baie mense wat Christus volg, begin baie sterk en met baie goeie bedoelings, maar hulle kan nie tot aan die einde volhou nie. Paulus het baie bereik, maar hy besef dat dit alles tevergeefs sou wees as hy nie sterk eindig nie (20:24). Ons probleem is dat ons graag die taak wat Jesus vir ons gegee het, wil voltooi, maar ander dinge trek ons in ‘n ander rigting. Ons liefde is verdeel.
Ek het meer gegee as wat ek ontvang het
(20:35). Dit is ‘n goeie perspektief om in al ons verhoudings te aanvaar – in jou huwelik, jou werk, jou vriendskappe en jou aftrede. Maar waar kry ons die krag om meer te gee as wat ons ontvang? Net by Christus. Paulus kon dit doen, want daar was een verhouding waar hy altyd meer gekry het as wat hy gegee het – sy verhouding met Jesus Christus. Ons kan nooit vir Jesus betaal vir wat Hy vir ons gedoen het nie. Omdat Hy Hom volledig aan ons gegee het, kan ons onsself aan ander gee sonder om ons te bekommer of hulle vir ons iets terug sal gee.
God en Allah: Is hulle dieselfde? – Francois Malan
Francois vra:
Is die God (vader van Jesus Christus) en die God wat die Moslem aanbid, dieselfde God. Volgens my dominee is dit nie. Die God van die Bybel word blykbaar anders beskryf/voorgestel as die van die Moslems. Allah is mos maar net `n ander naam as God.
Antwoord
Prof. Francois Malan antwoord:
God is ‘n soortnaam, nie ‘n eienaam nie. Daar is baie gode met verskillende eiename soos die Grieke se Zeus, Apollo, Aphrodite, ens. en die Romeine se Jupiter, Diana, ens.
1 Johannes 4:8,16 sê God is liefde. Liefde is ‘n verhoudingswoord. Dit dui die eenheidsband van liefde tussen die Vader en die Seun en die Heilige Gees, waarin ons opgeneem word deur die Heilige Gees wat ons in ons kom woon en laat deel word van God se onbaatsugtige liefde (vgl. Romeine 8:38-39).
Prof Francois Malan
Only God is capable of telling us what our rights and needs are. You have to surrender that right to Him. —Joni Eareckson Tada
Leuens wat Christene dikwels hoor
In die Christelike geloof en kultuur is daar baie wat ons kan loof. Maar daar is ook sekere leuens wat besig is om ons seer te maak. As ons God se verteenwoordigers in hierdie wêreld wil wees, moet ons van hierdie leuens ontslae raak. Hier is ‘n paar van hierdie leuens.
- Sekere sondes is erger as ander
Onmiddellik skep ons twee tipes mense: Dié wat nou nie die erge sondes gedoen het nie en dié wat die ergste sondes gedoen het. Die groep wat net die “ligte” sondes gedoen het, is dan geneig om die ander groep te beoordeel. Die groep wat die “erge” sondes gedoen het, besef dan dat hulle net nie goed genoeg is nie. Natuurlik het sekere sondes ernstiger gevolge: vermoor iemand en jy beland in die tronk; skinder van jou kamermaat en niks gebeur nie. Tog is beide sondes. Ons moet ophou om sondes in ‘n sekere rangorde te plaas, want ons is almal sondaars. Elkeen van ons het die kruis van Jesus nodig. Kom ons hanteer mense dienooreenkomstig.
- God is ontevrede as ons twyfel of kwaad word
As ons dit aanvaar, moet ons meeste van die Psalms ignoreer. Die skrywers van die Psalms maak hulle twyfel in geen onsekere terme bekend nie. God is magtig. Hy het ons so lief dat Hy sy Seun gestuur sodat ons kan lewe. Hy kan twyfel en kwaadword hanteer. Hy weet die lewe is moeilik; Hy weet ons is maar beperk. Alle Christene het op een of ander stadium oor God getwyfel. Twyfel is ‘n geleentheid om naby God te kom – nie van Hom af weg te hardloop nie.
- God se liefde vir my word deur my gedrag bepaal
Ons dink te veel van onsself. Ons dink ons kan ons gedrag beheer en “goed” wees. Maar ons kom nie naby aan God se standaard nie. Ons is God se kinders vir een rede: as gevolg van dit wat Jesus vir ons gedoen het. Dit gaan nie oor ons nie; ons kan nie God se liefde of guns verdien nie.
- Ons moet nooit die boodskap afwater nie
Ons moenie die boodskap verander nie. Dit is die boodskap van Jesus wat lewens verander (1 Korintiërs 15:1 – 3). Ons kan wel die manier waarop ons hierdie boodskap oordra, verander. In die kerk gebruik ons ‘n sekere “taal” wat buitestanders nie verstaan nie. Ons moet die evangelie op so ‘n manier verkondig dat almal dit kan verstaan. Ons verwag tog nie van ‘n kind in die kleuterskool om matriekkonsepte te verstaan nie. Dit beteken nie dat die boodskap afgewater word nie.
- God wil hê dat ek gelukkig moet wees
Geluk is verbygaande. Geluk hang meestal van my huidige omstandighede af. Die goeie nuus is dat God meer in blywende dinge – soos vreugde en vrede – belangstel. Hierdie dinge word nie deur ons omstandighede bepaal nie.
Natuurlik is daar sekerlik ander leuens wat ons soms in die kerk glo, maar hierdie vyf is baie algemeen.