Bonhoeffer (10)
Even in literature and art, no man who bothers about originality will ever be original: whereas if you simply try to tell the truth (without caring twopence how often it has been told before) you will, nine times out of ten, become original without ever having noticed it – C. S. Lewis
Bonhoeffer (10)
Ek wil enkele gedeeltes uit 40-Day Journey with Dietrich Bonhoeffer (Augsburg Books) hanteer.
Hierdie mense sonder besittings, hierdie vreemdelinge in die wêreld, hierdie magteloses, hierdie volgelinge van Jesus leef met Hom deurdat hulle ook van hulle eie waardigheid afstand doen – hulle is barmhartig. Asof hulle eie behoeftes en tekorte nie genoeg was nie, deel hulle in ander mense se behoeftes en skuld.
Hulle het ‘n onweerstaanbare liefde vir die swakkes en siekes – vir diegene wat mishandel word en aan wie ongeregtigheid gedoen word, vir diegene wat verwerp word, vir diegene wat seer het en bang is.
Hulle soek juis diegene wat in sonde en skuld verval het uit. Geen behoefte is te groot, geen sonde so aaklig dat genade dit nie kan regstel nie. Dissipels doen afstand van hulle grootste besitting – hulle eie waardigheid en eer – en bewys barmhartigheid. Hulle ken net een waardigheid en en eer – die genade van hulle Here wat hulle enigste bron van lewe is.
Bonhoeffer gee weer twee teksverse:
- Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word (Matteus 5:7).
- Hy laat sy lig in die donker uitstraal vir die opregtes, hy is genadig, barmhartig en regverdig. Dit is ‘n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree (Psalm 112:4 – 5).
Hoe lyk barmhartigheid? Hoe tree barmhartige mense op? Hoe dikwels weerhou ons nie barmhartigheid nie. Dan moet ons nadink aan al die geleenthede waar God sy barmhartigheid vir ons bewys het. Dink aan iemand wat barmhartigheid nodig het. Bid vir hom, maar vra vir God hoe jy barmhartigheid aan hom kan bewys.
Here, mag u oneindige barmhartigheid aan my, my in staat stel om ook barmhartigheid aan ander te bewys. Amen.