Vraag: Moses se staf – Johann Voges

‘n Leser vra

Ek lees in Eksodes “2 Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand? En hy antwoord: ‘n Staf.” Hier neem ek aan dis die staf wat hy maar altyd by hom gehad het. Wanneer ek verder lees, lees ek in vers 20 ” Moses het ook die staf van God in sy hand”

Nou wonder ek of dit is omdat God die staf geseen het en of dit n ander staf was.Sal waardeer indien daar lig op hierdie onderwerp gegee kan word.
Vraag is dit dieselfde staf of n ander staf.

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord

Oor Moses se “staf” wat hy in sy hand gehad het in Eksodus 4 …

Hiermee net eers ‘n stukkie verheldering oor wat hier geskryf staan … Die Boodskap Bybelvertaling 2008 vertaal die verse in Eksodus 4 waarin na Moses se staf verwys word as volg…

2Die Here vra hom toe: “Wat het jy daar in jou hand?” Hy antwoord: “Dis ’n stok.” 3 Die Here sê toe: “Gooi dit op die grond neer.” Toe Moses dit op die grond gooi, verander dit in ’n slang. Moses wou weghardloop, 4 maar die Here sê vir hom: “Vang die slang aan sy stert.” Toe Moses die slang aan die stert gryp, het dit weer ’n stok in sy hand geword17Hou hierdie stok by jou dat jy daarmee die tekens kan doen wat Ek vir jou gewys het om die volk te oorreed.”

 

Hierdie stok (herderstaf) wat Moses by hom het, was tipies wat die skaapwagters by hulle destyds gehad het en gebruik het om onder ander hulle skape te beskerm teen wilde diere… want die Here kry Moses hier in die begin hoofstukke van Eksodus waar hy skape oppas … waar die Here vir Moses kom haal (roep) om die Israeliete uit Egipte te loop haal om hulle na die beloofde land toe te bring … en gee hier in Eksodus 4 vir hom 3 tekens wat hy kan gebruik om die Farao te oortuig dat die Here vir Moses na hom toe gestuur het om sy volk uit Egipte weg te vat (Eksodus 4:1-9)

 

  1. Daar is ook ‘n interressante artikel wat jy hieroor kan lees by die volgende verwysing … https://bybelskool.com/eksodus-3-417-god-stuur-moses-om-die-godsvolk-uit-egipte-te-lei/ .

 

  1. Lees ook die volgende artikels wat op ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za) geskryf is….
  2. Coen Slabber se geskrywe oor “Moses by die doringbos”https://www.bybelkennis.co.za/moses-ontmoet-god-in-n-doringbos/
  3. Hennie Stander se skrywe oor “Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Die Oppas van Skape en Bokke” https://www.bybelkennis.co.za/gebruike-en-gewoontes-die-bybel-die-oppas-van-skape-en-bokke3-hennie-stander/

 

Skrywer: Dr Johann Voges

 




Vraag: Wie en wat was die Effesiërs – Johann Voges

‘n Leser vra,

Boodskap Teks:
Wie en wat was die Effesiërs, hoe was hulle algemene houding tov christenskap en wat is die moontlike interpretasie van Eff 4:18, in die tyd toe die brief geskrywe is en in vandag se tyd.

Antwoord

Dr Johann Voges Antwoord

Hiermee die inleiding op Efesiërs in die Boodskap (2008) vertaling van die Bybel

HOEKOM IS HIERDIE BRIEF GESKRYF?

Die brief wil gelowiges help verstaan wie God se mense in die wêreld is en wat van die kerk van die Here verwag word. Gelowiges moet as ’n eenheid saamwerk (4:1-6).

 

WIE HET HIERDIE BRIEF GESKRYF?

Paulus, wat spesiaal deur Jesus as boodskapper gestuur is (1:1). Sommige mense beweer dat dit nie Paulus self was nie, maar van sy volgelinge en studente.

 

VIR WIE IS HIERDIE BRIEF GESKRYF?

Die brief is bedoel vir die gelowiges in Efese, maar moes waarskynlik ook wyer as dit in Klein-Asië (Turkye) gelees gewees het.

 

WANNEER IS HIERDIE BRIEF GESKRYF?

Ons weet Paulus was in ’n tronk. Dan is daar drie moontlikhede, naamlik Efese (Griekeland: in 53-57 n.C. was hy daar), Sesarea (Palestina: 56-58 n.C.) of Rome (Italië: 61-63 n.C.). Sesarea lyk die mees aanvaarbare plek. As dit Sesarea is, is die brief in 56-58 n.C. geskryf. As van Paulus se studente die brief geskryf het, kon dit selfs later gewees het.

 

BELANGRIKE GEDEELTES

In hoofstuk 2 lees ons van die lewe wat daar na die dood is. Die geheim van die evangelie is dat Jesus se redding vir almal bedoel is, sê hoofstuk 3. Niemand word uitgesluit nie. Hoofstuk 4 vertel ons dat die Christene in hierdie wêreld in ’n eenheid moet saamwerk. Hoofstuk 6 moedig Christene aan om die wapenrusting van God aan te trek in die stryd teen die Bose.

 

MAAK KENNIS MET TIGIKUS

Tigikus, van wie ons in Efesiërs 6:21 lees, was een van Paulus se helpers. Hy moes hierdie brief aan die kerk in Efese en aan ’n paar ander gemeentes besorg. Tigikus het ook die Kolossensebrief afgelewer (Kol. 4:7-8) en vir die gelowiges vertel hoe dit met Paulus gaan.

 

Om jou vraag verder geantwoord te probeer kry

Gaan na ons webtuiste (https://www.bybelkennis.co.za/ ) en tik by die soekfunksie in “Efesiërs” daar sal jy die volgende artikels kry oor Paulus se brief aan die Efesiers

  1. Efesiërs (1) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/efesiers-1/)
  2. Efesiërs (2) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/efesiers-2)
  3. Efesiërs (3) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/efesiers-3/)
  4. Efesiërs (4) – Francois Malan (https://www.bybelkennis.co.za/efesiers-4/)

 

Jy kan ook in google gaan na “Chris van Wyk” se Bybelskool webtuiste (https://bybelskool.com/efesiers/) waarin daar oor die hele Efesiërs  sewe  artikels geskryf is

  1. https://bybelskool.com/efesiers-11-23-god-seen-ons-om-alles-in-almal-te-vervul/
  2. https://bybelskool.com/efesiers-21-22-god-woon-in-die-gemeenskap-van-gelowiges/
  3. https://bybelskool.com/efesiers-31-21-god-vervul-ons-met-krag-geloof-liefde-insig-ervaring-en-sy-volheid/
  4. https://bybelskool.com/efesiers-41-16-om-saam-in-alle-opsigte-te-groei-na-christus-toe/
  5. https://bybelskool.com/efesiers-417-520-die-heilige-gees-vervul-ons-om-heilig-en-in-liefde-te-leef/
  6. https://bybelskool.com/efesiers-521-69-ander-se-belange-word-eerste-gestel-in-die-huwelik-gesin-en-werkplek/
  7. https://bybelskool.com/efesiers-610-24-soek-julle-krag-in-die-here-en-in-sy-groot-mag/

 

Skrywer: Dr Johann Voges




Vraag: Lesbenisme – Johann Voges

‘n Leser vra

Goeie more, ek lees tans die Bybel in praktyk.

Ek lees in Genesis 46:18 Dit is die seuns wat Sipla vir Jakob in die wereld gebring het. Laban het haar vir vir sy dogter Lea gegee. Ook in vers 25 lees ek …….Laban het haar vir sy dogter Ragel gegee. Die ander vertalings is egter heeltemal anders. Ek verstaan nie hoekom hulle melding maak dat n vroulike persoon aan n ander vroulike persoon gegee word nie.
Kan dit asseblief vir my verduidelik eerstens hoekom die vertalings so verskil en tweedens wat hier gese word.
Omdat ek in n huis bly waar lesbenisme aan die orde van die dag is val die tipe goed my op. Dankie

Antwoord

Dr Johann Voges antwoord,

Die gedeeltes waarna jy verwys het niks te doen met enige ‘seksuele oreientering van wie ookal nie … in beide teksverse (18 en 25) word vertel van hoedat Laban vir elkeen van sy dogters ‘n slavin gegee het en hoe beide Lea en Ragel hierdie slavinne vir Jakob, hulle man gee om kinders by hulle te verwek.

Ek stem saam met jou dat Bybelvertalings hiervan nogal misleidend kan wees …

In die Nuwe Lewende Vertaling van die Bybel in 2020 is hierdie twee teksverse egter korrek vertaal soos wat dit in die Hebreeuse teks voorkom …

Die seuns van Beria was Geber en Malkiël.

18Dit is die sestien afstammelinge wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Silpa vir sy dogter Lea as slavin gegee.

 

25Dit is die sewe seuns en kleinseuns wat Bilha vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Bilha vir sy dogter Ragel as slavin gegee.

 

Die Engelse Message vertaling (MSG) van 1993 het dit ook korrek vertaal…

18 These are the children that Zilpah, the maid that Laban gave to his daughter Leah, bore to Jacob—sixteen of them.

25 These are the children born to Jacob through Bilhah, the maid Laban had given to his daughter Rachel—seven.

 

As jy wil kan jy ook hierdie twee artikels lees wat so ‘n iets meer sê oor die twee teksverse in Genesis 46

  1. https://www.videobible.com/meaning/genesis-46-18

2.     https://www.videobible.com/meaning/genesis-46-25

Skrywer: Dr Johann Voges

 




Vraag oor Goedertierenheid – Johann Voges

‘n Leser vra:

Boodskap Teks:
1) Hoeveel keer kom die woord “Goedertierenheid” in die Bybel voor?
2) Wat is die boodskap van God se Goedertierenheid?

Antwoord

Dr Johann Voges ant woord:

Die woord “goedertierenheid” is ‘n leenwoord uit ‘middel Nederlands” wat veral in die ouer Afikaanse Bybelvertalings gebruik is (1933 en 1953 vertalings) … ‘n woord wat nie meer baie in vandag se praat Afrikaans gebruik word nie en ook nie meer in die nuwere Afrikaanse Bybelvertalings gebruik is nie.

 

Oor die boodskap van “goedertierenheid” lees gerus die artikel wat GD Cloete geskryf het in https://ecke.co.za/goedertierenheid/ asook oor die betekenis van die woord in die artikel  in https://gesellig.co.za/t/40278-goedertierenheid/

 

Oor hoeveel keer dit in die Bybel gebruik word, is iets wat ‘n mens miskien in ou konkordansies sal kry.

Skrywer: Dr Johann Voges