Prof Marius Nel
![Marius_Nel](http://www.bybelkennis.co.za/wp-content/uploads/2009/03/Marius_Nel.jpg)
Marius Nel BA (Admissie), BD, BA (Hons Wysbegeerte), DTh (Praktiese Teologie, Unisa), DD (Kerkgeskiedenis, UP), MDiv (Ou Testament, UP), PhD (Ou Testament, Pretoria) is pastoor van die AGS Krugersdorp-Sentraal vir die afgelope twintig jaar, dosent en departementshoof aan Auckland Park Teologiese Seminarium in Kerkgeskiedenis en mede-professor by die Skool vir Bybelwetenskappe en Bybelse Tale, Fakulteit Teologie, NWU
Spesialiseringsterreine:
- Apokaliptiek in die Ou Testament
- Wysheid in Ou Testament
- Geskiedenis van AGS
- Geskiedenis van leerstelling van genesing in die kerk
- Jeug en erediens
Outeur of medewerker van 30 publikasies en 35 wetenskaplike artikels.
Medewerker aan Die Boodskap, Multivertalingbybel en Nuwe Lewende Vertaling
Ontvanger van die Andrew Murrayprys op 8 Mei 2004 vir bydraes tot Die Bybel A-Z en die ATKV se Afrikoon-toekenning op 12 Augustus 2005 vir bydraes tot Bybelvertaling en gemeenskapswerk
Deelgeneem aan 12 nasionale en 8 internasionale konferensies as spreker
Lopende navorsing:
- Sosio-ekonomiese situasie wat aanleiding tot apokaliptiek gee
- Geweld in wysheids- en apokaliptiese tekste
- Demonisering kerkhistories beskou
- Praktyk en funksies van eunug in antieke tye
- Pinksterbeweging se hantering van Ou Testamentiese tekste in ‘n formulering van eskatologie
Funksies in vakverenigings:
- Lid van die Ou Testamentiese Werksgemeenskap van SA
- Lid van die Kerkhistoriese Werksgemeenskap van SA
- Lid van Society of Biblical Literature
- Lid van European Association of Biblical Literature
- Paneellid van RSG-program “Die Bybel in ons lewe” van 2004 tot 2006
- Verantwoordelik vir weeklikse boekresensies op e-kerk vanaf Januarie 2004