Vrygewigheid – moenie daaroor praat nie

 

He who merely studies the commandments of God is not greatly moved.  But he who listens to God commanding, how can he fail to be terrified by majesty so great? – Martin Luther

 

Vrygewigheid – moenie daaroor praat nie

Die leraar kondig aan dat hy vanoggend oor vrygewigheid gaan preek. Jy kan amper die gemeente hoor sug. Die waarheid is dat ons as God se kerk veronderstel is om te gee. Dit bly ‘n moeilike onderwerp en niemand wil daaroor praat nie.

 

Hier is vier dinge wat ons gesprek oor vrygewigheid kan verander.

  • Dit is ‘n ander manier om te leef

Vrygewigheid is nie iets wat ons Sondae doen nie.

Dit is ‘n uitnodiging van God wat vir elke dag en elke deel van ons lewe geld. Dit gaan nie oor die gee van ‘n tiende nie. Ons gee vrylik wat ons vrylik ontvang het. Dit geld nie net vir ons geld nie, maar ook vir ons tyd en energie, maar veral ons liefde.

 

  • Dit is aansteeklik

Vrygewigheid is aansteeklik. Om vir iemand iets te gee – geld vir ‘n koppie koffie – is baie meer werd as die paar rand wat dit vir jou gekos het. As mense sien wat jy doen, volg hulle jou voorbeeld, want vrygewigheid is aansteeklik.

 

  • Dit is teen die kultuur

Meeste van ons voel dat ons nie genoeg het nie. Ons spandeer baie tyd om nog meer bymekaar te maak – en die res van die tyd hoe ons dit wat ons het, kan behou. Vrygewigheid is teen ons hele kultuur. Dit is hoekom dit so kragtig is

 

  • Dit vermeerder homself

God se ekonomie werk nie soos ons s’n nie. As ons weggee en nie vasklou aan dit wat ons het nie, vermeerder God dit wat ons het. Niemand is nog ooit van honger dood net omdat hy te veel weggegee het nie. God werk nie so nie. As ons God met ons geld vertrou in plaas daarvan om daaraan vas te klou uit vrees dat Hy nie sal voorsien nie, voorsien Hy. Meer nog: Hy gaan altyd verder as dit wat jy aan Hom gegee het. Jy kan nie meer as God gee nie.

 

Om oor vrygewigheid te leer, is moeilik, maar belangrik. Dit is belangrik vir die oorleweing van die kerk, maar ook vir die geestelike gesondheid van die gemeente. As ons vrygewig is met daardie dinge wat ons dink ons vir ons veiligheid nodig het, plaas ons ons welstand en vertroue in die hande van Hom wat waarlik vir ons kan versorg. Dit gaan nie oor geld nie, maar oor geloof.

 




Vergifnis: Wat beteken dit?

 

A mere Sunday religion is not enough. A thing put on and off with our Sunday clothes is powerless” – J.C. Ryle

 

Vergifnis: Wat beteken dit?

Daar is sekere woorde wat mense as hulle dit hoor, dink hulle weet wat dit beteken. Vergifnis is een van daardie woorde. Mense in die samelewing dink nie in Bybelse terme aan vergifnis nie. Baie mense dink vergifnis en verskoning het dieselfde betekenis – of selfs nog erger vergifnis en ignoreer is dieselfde.

 

J. D.  Greear sê dat Psalm 32 die toets vir vergifnis is. Die psalmis sê dat diegene wat vergifnis vind daardeur verander word. As ons waarlik vergewe is, begin ons liefde vir God en ons deernis vir ander groei.

 

 

  • Liefde vir God

Verbly julle in die Here en juig regverdiges, jubel, alle opregtes (Psalm 32:11). Jesus het gesê vir diegene wat baie vergewe is, baie liefhet. Die probleem is dat ons ons sondes vir God probeer wegsteek en daarom nie besef hoe nodig ons sy vergifnis het nie. Maar God vergewe net waar ons eerlik is hoeveel sonde ons het. God se vergifnis begin daar waar ons ophou om altyd die blaam na ander te verskuif. God vergewe as ons verantwoordelikheid vir ons sonde aanvaar en ophou om dit weg te steek. Ek hou hiervan: Cover your sin and God will expose it; expose it, and God will cover it. Charles Spurgeon het gesê: “When we think too lightly of sin, we think too lightly of the Savior. He who has stood before his God, convicted and condemned, with the rope about his neck, is the man to weep for joy when he is pardoned, to hate the evil which has been forgiven him, and to live to the honor of the Redeemer by whose blood he has been cleansed.”Die psalmis sê: Wie op die Here vertrou, dié omvou Hy met sy liefde (32:10). Hierdie versekering van God se liefde vir my produseer liefde vir God in my.

  • Deernis vir ander

Die eerste sewe verse van die psalm beskryf die psalmis sy ondervinding met vergifnis, maar in vers 8 begin hy ander aanpreek. Hy wil mense wat teen sonde stry, help soos hy gehelp is. Mense wat genade ervaar het, praat met ander mense in ‘n teerheid wat uit hulle eie ondervinding van vergifnis vloei.

 

Voel ander wat swak is veilig in jou teenwoordigheid? As jy bewus is van God se genade in jou lewe, sal hulle dit weet. Jy sal nie vinnig oordeel nie, want jy onthou die oordeel wat oor jou kop gehang het Die teken dat jy genade van God ontvang het, is jou bewys van genade aan ander.

 

Erken ons waarlik ons stryd en probleme? As jy die vreugde van vergifnis ervaar het, sal jy nie omgee dat ander mense jou foute raaksien nie – jou blydskap hang nie af om ‘n masker te dra dat jy volmaak is nie.  Aanvaar  jy kritiek? As jy vergewe is, gee jy nie om as ander jou foute uitwys nie. God se genade is jou skuilplek.

 

Hoekom verander vergifnis lewens? Want dit verwyder ons skuldgevoelens. Daardie vergifnis versoen ons met God Die evangelie is ‘n boodskap van versoening sodat ons weer naby aan God kan kom.

 




Die geloofsgemeenskap – wat is dit?

 

What is needed in the pulpits of the world today is a combination of clarity and courage, or of ‘utterance’ and ‘boldness’. John Stott

 

Die geloofsgemeenskap – wat is dit?

Die lewe saam met ander gelowiges is ‘n integrale deel van die Christelike geloof en die koninkryk van God. Baie gemeentes probeer om groter te word. Hulle spandeer baie tyd, energie en geld om te groei. Ongelukkig  beteken groter nie noodwendig beter kwaliteit nie. Jesus se gebed is dat sy kerk ‘n familie sal wees waarin verhoudings belangrik is. Dit moet ‘n gemeenskap wees.

 

 

‘n Geloofsgemeensap is nie ‘n gebeurtenis wat een of twee keer per week gebeur nie – dit gaan oor ‘n lewe saam. Dit gebeur ongelukkig nie outomaties nie – dit vereis werk. Daar moet ‘n sisteem wees om mense van passiewe toeskouers na aktiewe deelnemers te skuif. Die basis hiervoor is kleingroepe. So skep ons ‘n kultuur wat voordelig is vir die bevordering van die geloofsgemeenskap. Ons moet nooit die krag van ‘n groepie onderskat om die evangelie aan ‘n wêreld wat daarvoor wag, te demonstreer nie.

 

Die geloofsgemeenskap bestaan nie in ‘n lugleegte nie. Die wêreld hou ons dop. Die kultuur van ons gemeente kan mense aantrek of afskrik. Die basiese boustene van elke geloofsgemeenskap is die dissipels wat in hierdie gemeenskap gemaak word. Jesus weet dat as sy kerk ‘n familie is met opregte verhoudings tussen mekaar sal die wêreld weet dat Jesus eg is. “. . . if you have seen churches that are devout in belief yet civic-minded and generous, you will find the intellectual case for Christianity much more plausible. If, on the other hand, the preponderance of your experience is with nominal Christians (who bear the name but don’t practice it) or with self-righteous fanatics, then the arguments for Christianity will have to be extremely strong for you to concede that they have any cogency at all” (Tim Keller, The Reason for God, Hoofstuk 4).”

 

‘n Gemeenskap, per definisie is ‘n versameling van individue. Dit gaan net so gesond wees soos sy individuele lede. Die basiese bousteen van elke geloofsgemeenskap is die dissipels wat in daardie gemeenskap gevorm word. As ons dus praat van die geloofsgemeenskap moet ons weet wat dissipelskap is en wat dit nie is nie. Daar is vyf verkeerde sienings van dissipelskap (Better Discipleship – Ed Stetzer) wat ons moet vermy as ons ‘n gesonde geloofsgemeenskap wil skep. Dit is gevaarlik:

  • As ons dissipelskap en godsdienstige kennis gelykstel;
  • As ons dissipelskap probeer programmeer;
  • As ons dissipelskap en prediking gelykstel;
  • As ons dink ons groei outomaties sonder enige poging van ons kant; en
  • As ons nie praktiese stappe aanbied nie.

 

Die geloofsgemeenskap moet die newe-produk van elke gesonde gemeente wees. Maar om die te doen, moet ons strategies in ons kultuur wees, getuig en dissipelskap beklemtoon. Ons gemeentes moet gemeenskappe wees wat die waarde van die liefde wat ons in Christus kan aanbied aan die wagtende wêreld verkondig.

 




Gemeentes sonder die gebrokenes is stukkende gemeentes

Christ is so in love with holiness, that at the price of his blood he will buy it for us. —John Flavel

 

Gemeentes sonder die gebrokenes is stukkende gemeentes

Dit is maklik vir gelowiges om mekaar lief te hê, maar gelowiges moet ook nie-gelowiges liefhê. Dit wil voorkom asof gelowiges nie van nie gelowiges hou nie – ons noem hulle “verlorenes’” “kerklos” of een of ander naam. Ons wil graag van hierdie mense wegbly.

 

Dit is ontstellend dat soos ons geestelik groei en geestelik volwasse word ons minder tyd het vir mense wat swaarkry en seer het. Ons het die een ding wat werklik in die lewe belangrik is, gevind, maar ons skep ‘n afstand tussen ons en die mense wat ook daardie ding nodig het. Dit is waarskynlik die doelbewus nie, maar dit gebeur. Ons behoeftes word hanteer en ons beweeg aan salig onbewus van die wêreld om ons wat in duie stort.

 

 

Dit is nie wat Christus van ons verwag nie; dit is nie sy weg nie. Hy het anders geleef. Hy is juis gekritiseer omdat Hy dan te veel tyd met sondaars deurgebring het. Hy het met diegene wat uit die samelewing gedruk is, geassosieer. Hoeveel van ons sal ooit daarvan beskuldig kan word dat ons te veel tyd met sondaars spandeer het?

 

Jesus het die belang van geestelike volwassenheid, Bybelkennis, gebed en ‘n positiewe invloed baie goed verstaan. Maar Hy het ook besef dat hierdie dinge nie net vir sy persoonlike voordeel was nie – dit moet ook met ander wat dit nie het nie, gedeel word. Die Christelike lewe gaan nie oor die verkryging van veiligheid en gemak nie – dit gaan daaroor dat jy jou op ‘n gevaarlike plek van kwesbare deernis bevind.

 

Baie Christene het in ‘n Christelike familie grootgeword. Dit is ‘n werklikheid, maar daar is ‘n groter werklikheid: ons kan baie maklik vergeet dat daar ‘n wêreld daarbuite is waar baie mense seerkry. Ons ry daar verby op pad kerk toe of op pad werk toe … maar ons ry daar verby; ons raak nie betrokke nie.

 

Dikwels is die enigste vebintenis wat gelowiges met hierdie mense wat seerkry het buite die kerk.  Luister hoe praat Jesus oor sy bediening: Die Gees van die Here is op My omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te verkondig. Hy het My gestuur om vrylating vir gevangenes uit te roep en herstel van gesig vir blindes, om onderdruktes in vryheid uit te stuur (Lukas 4:18). Dwarsdeur die Skrif sien ons vir Jesus wat onder die armes, weduwees, wese, ens – die gebrokenes – werk. Jesus dien met deernis.

Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10). Jesus het ons geroep om deel van sy sending te wees. Hy het gekom om te dien en te red. Ons moet dit ook doen. Ons moet ander in sy Naam dien en ons moet die goeie nuus van verlossing met ander mense deel.

 

 Om dit te kan doen, moet ons met die gebroke mense om ons betrokke raak. Is jy deel van ‘n gemeente wat gebroke mense verwelkom en nie volmaakte mense nie? ‘n Gemeente sonder die gebrokenes is ‘n stukkende gemeente. Wat doen jou gemeente om te verhoed dat hy hom van die gebrokenheid om hom insuleer? Beskuldig mense jou ooit dat jy te veel tyd met sondaars spandeer?