Godsdienstige Pluralisme (3)
The heart will not long rejoice in what the mind knows is not true – Tom Trevethan
Godsdienstige Pluralisme (3)
Godsdienstige pluralisme is vandag ‘n ernstige probleem vir die kerk. Ek gaan ‘n paar blogs aan hierdie probleem spandeer.
Vandag gaan ons na informele pluralisme kyk.Informele pluraliste glo dat geen enkele godsdienstige perspektief of figuur normatief vir mense van alle godsdienste kan wees nie – elke godsdiens in geldig vir sy volgelinge. Omdat alle godsdienste aansprake op die waarheid maak wat van mekaar verskil, kan hulle tog nie almal waar wees nie. Die mens het egter die behoefte om in iets groter as homself te vertrou. Daarom klou mense aan een of ander geestelike orde vas.