Vraag oor die gesag van die woord van God
How much larger your life would be if your self could become smaller in it – G. K. Chestertom
Vraag oor die gesag van die woord van God
Kevin deYoung (Taking God at His word, 2014) het ‘n boek oor God se woord vir die mense van vandag geskryf. Ons gaan ‘n hele aantal blogs aan hierdie boek spandeer.
Hoekom kom verskillende groepe Christene tot uiteenlopende teologiese gevolgtrekkings as hulle die Bybel lees? ‘n Belangrike deel van die antwoord het te doen met gesag – wie is die eindgesag van ons gevolgtrekkings? Nie almal antwoord dit op dieselfde wyse nie. Vir party (soos die Rooms-Katolieke Kerk) is tradisie net so belangrik soos die Skrif. Vir ander (baie van die liberale teoloë) is die menslike rede en ondervindings net so belangrik soos die Skrif – die Skrif moet in lyn wees met ons rede en ondervindings. Vir ander (soos gereformeerdes) staan die Skrif bo tradisie, rede en ondervindings – dit is die finale gesag.