Hoekom moet ek die Bybel bestudeer?
“Live each day as if it is the last day, for one day, it will be.” – Anoniem
Hoekom moet ek die Bybel bestudeer?
Leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het (Matteus 28:20). Dit is deel van Jesus se laaste opdrag aan sy dissipels. As ons dit wil doen, moet ons Jesus se onderrig en beloftes ken. Maar waar kry ons dit? In die Bybel. Soos pasgebore kindertjies smag na melk, moet julle smag na na die suiwer geestelike melk, sodat julle daardeur kan opgroei en die saligheid verkry (1 Petrus 2:2). Dit is duidelik dat gelowiges op die Skrif moet vertrou vir geestelike oorlewing en groei.