Vergifnis en die gemeente in Korinte (1)
“There are a thousand needs in the world, and none of them compares to the global need for the gospel.” – John Piper
Vergifnis en die gemeente in Korinte (1)
In die gemeente van Korinte was daar blykbaar ‘n moeilikheidmaker. In 2 Korintiërs 2:5 – 11 lees ons dat die gemeente hom vergeef het. Hieroor skryf Paulus: As julle hom iets vergewe, vergewe ek hom ook. Wat my betref, as ek iets moes vergewe, het ek dit klaar gedoen om julle ontwil. Daarvan is Christus my getuie. 11Die Satan moet nie die oorhand oor ons kry nie. Ons ken sy planne maar alte goed.
Paulus het die moeilikheidmaker reeds vergewe, net soos die gemeente dit reeds gedoen het. Paulus wil nie die indruk wek dat dit om eie gewin is nie, maar beklemtoon dat dit ter wille van die gemeente is. Christus is hiervan sy getuie. Satan mag nie toegelaat word om enige voordeel te behaal uit die hartseergebeure wat in die gemeente rondom Paulus plaasgevind het nie.