Ontmoetings met Jesus: Die twee hartseer susters: Marta en Maria (3)
“The main end of our lives is to serve God in the serving of men in the works of our callings.” William Perkins
Ontmoetings met Jesus: Die twee hartseer susters: Marta en Maria (3)
[Ek maak onder andere van Timothy Keller se boek Encounters with Jesus gebruik.]
In die Johannes-evangelie lees ons van ‘n hele aantal ontmoetings wat Jesus met individue gehad het. In hulle antwoord Hy van die groot lewensvrae. Hier gaan dit oor Jesus se ontmoeting met Marta en Maria. Die vraag wat ons uit hierdie ontmoeting gaan antwoord, is: Wie of wat kan die wêreld weer regstel?
Uit Jesus se ontmoeting met Marta kry ons ‘n kykie in sy Godheid en mag – Jesus is God. Dit verduidelik nie alles wat Hy is nie, want die volgende oomblik sien Hy vir Maria en Jesus huil. ‘n Mens verwag tog nie dat as Jesus werklik God was Hy emosies sou ondervind nie. Wat ons hier sien is Jesus as God en Jesus as mens. Ten spyte van sy aanspraak dat Hy die opstanding en lewe is, reageer Hy op menslike wyse toe Hy Maria se hartseer sien.