Holy Scripture is not the object of faith, but the means by which God creates faith – not a faith in the Bible, but a faith in the God who is revealed in the Bible. – Alister McGrath (Opsomming van Emil Brunner se siening)
Maniere om saam met God in my lyding te loop (1)
Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through Pain and Suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.
Ek moet God as God behandel en besef dat Hy altyd en oral saam met my is. In Genesis 17:1 lees ons: Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg.” Loop is nie ‘n dramatiese aktiwiteit nie – dit is ‘n stadige, bestendige aksie wat oor ‘n lang tyd volgehou kan word. Loop beteken dat ek dag in en dag uit bid en Bybelstudie doen, met my medegelowiges praat, eredienste bywoon en my wy aan die lewe van die gemeente.