Skatte in die Hemel
It is the mark of a hypocrite to be a Christian everywhere except at home. —Robert Murray M’Cheyne
Skatte in die Hemel
Jesus Christus het in ‘n droë, warm, stowwerige wêreld geleef. Kos was skaars – Hy het sekerlik honger en dors geken. Maar Hy het ook die ryk Jode en Romeine se huise en leefwyse in dorpe soos Tiberias gesien – hulle villas, baie kos en Romeinse baddens. Hy het sekerlik geweet wat armoede is en Hy het geleef tussen mense wat nog minder as Hy gehad het. Hy het ook mense gesien wat in weelde geleef het. Daarom eis Jesus ‘n eenvoudige lewe, want Hy het dit geleef; Hy verwag dat die armes versorg moet word, want Hy het self armoede ondervind.