Category: Coen Slabber se Blog
If we only spent more of our time in looking at Him we should soon forget ourselves. —Martyn Lloyd-Jones
My roeping en lewensdoel (1)
Elkeen van ons soek ‘n doel vir ons lewe – ‘n doel wat groot genoeg is om ons aandag vas te gryp; wat langdurig genoeg is om ons tot die einde van ons lewens te inspireer. Daar is baie antwoorde beskikbaar – almal het vandag missiestellings; almal het meetbare uitkomste. Daar is honderde verskillende benaderings. Die vraag: Hoe kies ek tussen al hierdie benaderings? Is dit belangrik watter keuse ek maak?
Christian love is not the victim of our emotions but the servant of our will. —John Stott
My bediening druk my plat
Kerkleiers kan nie ontmoediging, teleurstelling en seerkry vermy nie. Leiers word soms geïgnoreer, sleg behandel, beskinder, misverstaan … Hoe kan jy nou onder sulke omstandighede vorentoe beweeg?
A person can study for seventy years and at the end die a fool.” ~ Joodse Spreekwoord
John Coltrane
Min mense ken die naam. Hy was die saksofoonspeler saam met Dizzie Gillespie en ook Miles Davis. In die 1950’s sterf hy amper as gevolg van die oormatige gebruik van dwelms en alkohol. Hy herstel en kom tot bekering – geen dwelms en alkohol meer nie. Hy plaas sy geloof in God.
If we choose a false way of worship we shall, ere long, choose to worship a false God – C.H. Spurgeon
Spurgeon
Luister na wat Justin Taylor oor Spurgeon, waarskynlik die grootste prediker in die geskiedenis van die kerk, sê:
Hy werk 18 uur ‘n dag. Sy versamelde preke vul 63 volumes (die grootste stel deur ‘n enkele outeur in die geskiedenis van die kerk). Hy lees ses boeke per week en onthou hulle inhoud.