We need the whole Jesus. The complete Jesus. Everything he said. Every detail of what he did – Eugene Peterson
Bybelverse wat verkeerd gebruik word: Ek is tot alles in staat
Eric J. Bargerhuff het ‘n baie interessante boek – The Most Misused Verses in the Bible – geskryf. In hierdie reeks gaan ek onder andere van hierdie boek gebruik maak.
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee – Filippense 4:13
As ons ‘n vers uit konteks neem en probeer om die Bybel te gebruik soos ons dit graag wil hê, kan ons baie maklik probleme kry. Ons kan maklik ontnugter word met God, want hy voldoen nie aan ons verwagtings nie! Hy het belowe Hy sal dit doen en nou doen Hy dit nie. Nou begin ons aan die Bybel se integriteit en God se vermoë om te doen wat Hy belowe het, te twyfel. Die vraag: Wat presies sê Paulus vir ons in hierdie vers? Praat ons hier van fisies of geestelike of emosionele of al drie soorte krag? Wat beteken alles?