Category: Laat sy Liefde jou Lei ( Boek )
Laat sy Liefde jou Lei: Die oorsprong van vrede … is liefde – Milanie Vosloo
Die oorsprong van vrede … is liefde
Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: …vrede … Galasiёrs 5:22
Toe moeder Teresa haar Nobelprys ontvang het, is daar aan haar gevra: “Wat kan ons doen om wêreldse vrede te bevorder?” Haar antwoord was: “Gaan huis toe en wees lief vir jou gesin. As ons nie vrede het nie, is dit omdat ons vergeet het dat ons aan mekaar behoort.”
Laat sy Liefde jou Lei: Waar’s ons vreugde heen? – Milanie Vosloo
Waar’s ons vreugde heen?
Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: …vreugde … Galasiёrs 5:22
Soms wonder ek, waar is ons vreugde heen? Het ons toegelaat dat die wêreldse dinge en ons alledaagse bestaansdinge ons so besig hou dat ons nalaat om ons siele – die plek waar vreugde gebore word – ordentlik te voed? Is dit waarom ons so soms sommer net “af en misrabel” voel?
Laat sy Liefde jou Lei: Wees ‘n bron van hoop – Milanie Vosloo
Wees ‘n bron van hoop
Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik in ons wat glo. Efesiёrs 1:19a
Elke keer wat iemand op staan vir ‘n ideaal of iets doen om ander te lewens te verbeter, stuur daardie mense ‘n rimpeling van hoop wat oor die hele wêreld uitkring.
Laat sy Liefde jou Lei: Die liefde dóén liefde – Milanie Vosloo
Maar as die Gees ons lewe beheer, is die gevolg: liefde … Galasiёrs 5:22
Dis fisikus Albert Einstein het gesê: Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel, kan getel word nie.