Category: Laat sy Liefde jou Lei ( Boek )
Laat sy liefde jou lei: Jy = sy spesiaal geweefde mens! – Milanie Vosloo
Toe ons nog in die sonde geleef het asof God nie eens bestaan nie, hete God ons kom haal. Saam met Christus het Hy vir ons n nuwe lewe gegee. Ons kon weer oor begin. Efesiërs 2:4
Laat sy liefde jou lei: Volg Hom … ook in die mis – Milanie Vosloo
Vra na die wil van God in alles wat jy doen. Hy sal die regte pad vir jou wys. Moenie jouself oorskat nie. Hou eerder die Here voor oё … Spreuke 3:6-7a
Laat sy liefde jou lei: Die Here vra gehoorsaamheid – Milanie Vosloo
“Ek sal Jerusalem maak tot ‘n bouval. Dit sal ‘n plek wees waar die jakkalse graag sal lê.” Jeremia 9:11
Die Skrif is propvol gelaai met beloftes van God se goedheid. En dis uiteraard vir ons altyd lekker om te lees hoe ons Vader ons liefhet en wil seёn. Maar die Woord is ook deurspek met ernstige oproepe tot gehoorsaamheid juis omdat ons liefdevolle Vader wéét wat die gevolge van ongehoorsaamheid is. Daarom is sy riglyne vir ‘n gelukkige lewe, sy waarskuwings en sy uitsprake teen sonde net so dringend soos sy beloftes van trou.
Laat sy liefde jou lei: Kom terug na Hom toe! – Milanie Vosloo
Kom nou terug na jou God toe. Tree op met liefde en regverdigheid, en lewe voortdurend met ‘n vaste vertroue in jou God. Hosea 12:7
Ons almal loop soms weg van God af. Ons doen sonde wat ons laat skuldig voel of ons dwaal bloot weg van Hom omdat ander dinge vir ons belangriker geraak het.