Die oordeelsdag: Wat is dit?
Hierdie is ‘n onderwerp wat ons vandag ten alle koste probeer vermy. Is daar werklik ‘n oordeelsdag? Wat behels dit? Wat sê die Skrif van die oordeelsdag? Daar is boeke daaroor geskryf. Hiermee enkele eenvoudige riglyne.
Hierdie oordeel staan ook in die Skrif as die dag van die Here bekend. Hierdie dag kom op ‘n tyd wat die mense dit nie verwag nie. Julle weet self maar alte goed dat die dag van die Here onverwags kom soos ‘n dief in die nag (1 Tessalonisense 5:2). Wat is die vonnis? En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe (Matteus 25:46).
Daar is ‘n oordeelsdag. Wanneer weet ons nie, maar niemand gaan dit vryspring nie.