Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(2)

image_pdfimage_print

Gebruike en Gewoontes in die Bybel: Woonplekke(2) – Hennie Stander

Die verkoop van grond

Dit was tog soms nodig om die grond in geld om te sit wanneer ‘n spesifieke familie finansiële druk ervaar het, maar al die grond wat so verkoop is, moes in die jubeljaar (hersteljaar) aan die oorspronklike eienaar teruggegee word. So ‘n jubeljaar of hersteljaar het elke 50 jaar aangebreek. (Levitikus 25:10). Die verkoopswaarde van die land is bereken volgens die aantal jare wat daar nog oor was tot die, aanbreek van die volgende jubeljaar (Levitikus 25:13-17). Die doel van hierdie gebruik was om seker te maak dat enkele persone nie eiendom kon opgaar ten koste van die behoeftiges nie. Volgens Miga 2:2 lyk dit nie of hierdie maatreël gehelp het om sulke uitbuiting te voorkom nie.

Elke verkooptransaksie is deeglik beplan. Die geld is afgeweeg en ‘n kontrak is opgestel waarin alle detail rakende die transaksie opgeneem is. Ditis alles in die teenwoordigheid van getuies gedoen. (vgl Jeremia 32:9-12 met Genesis 234-20). Tydens so ‘n kooptransaksie het die een party ook sy skoen uitgetrek en dit aan die ander gegee as bewys dat hy afstand gedoen het van sy eiendom (Rut 4:7-8). Wanneer ‘n lid van die familie wat van die grond moes verkoop, in staat gestel word om die grond namens die familie terug te koop, moes dit onverwyld gedoen word.

 

Oorerwing

Die eiendom het van die vader na die seuns oorgegaan, maar die oudste seun het twee maal soveel as elk van sy broers ontvang (Deuteronomium 21:17). .Elisa het hierdie gebruik figuurlik aangewend toe hy vir Elia gevra het dat daar ‘n dubbele-deel (m.a.w. die deel van die oudste seun) van Elia se gees op horn moes kom. Daar het nie ‘n geskrewe testament bestaan nie, maar die vader het kort voor sy sterwe mondelings opdrag gegee oor hoe die verdeling moes plaasvind.

 

Dit is duidelik dat die eersgeborene hierdie spesiale posisie kon verbeur opdie bevel van die vader (Genesis 49:3-4; 1 Kronieke 5:1): Terselfdertyd moes dit ook gesê word dat die regte van die oudste deur die wet beskerm is in die sin dat die pa nie ‘n ander seun, wat gebore is uit die vrou van sy voorkeur kon bevoorreg bo sy oudste seun nie (Deuteronomium 21:15-17). Verder het die seuns van bywywe wat slawe was geen deel gehad in die erfenis nie, behalwe as die vader hul op gelyke voet geplaas het met die seuns van sy vrygebore vrouens. So sien ons dat Sara gevra het dat Abraham vir Ismael, die seun van Hagar, moes wegjaag sodat hy nie erf nie (Genesis 21:10). Die seuns van die slaafvroue Bilha en Silpa, daarenteen, het weer gelyke behandeling met die seuns van Ragel en Lea ontvang (Genesis 49:1-28).

Woonplek1

Vondse in die grotte op Berg Karmel toon aan dat dit van so vroeg of as die Ou Steentydperk bewoon is.

Indien daar geen seuns was nie, kon die erfenis op die dogters oorgaan (Numeri 27:1-11). Daar was egter ‘n voorwaarde daaraan verbonde, naamlik dat sy dan met iemand uit die stam van die vader moes trou (Numeri 36:6). Die doel van hierdie maatreël was om te verseker dat die eiendom steeds binne die stam bly.

 

Skrywer:  Prof Hennie  Stander

 

image_pdfimage_print

You may also like...