Is kekbywoning opsioneel vir Christene?
Is kekbywoning opsioneel vir Christene?
Daar is ‘n neiging by party mense om alleen in ‘’n kamer te sit en “kerk” op hulle eie te doen. Hierdie is ‘’n teenstrydigheid – jy kan nie kerk op jou eie doen nie. Hoekom nie?
- Kerkbywoning is ‘’n sigbare uitdrukking van ‘’n onsigbare werklikheid – jy is ‘n lid van Christus se liggaam
In die vroeë kerk het ons gereeld die Latynse uitdrukking extra ecclesiam nulla salus gekry. Dit beteken buite die kerk geen verlossing nie. Wat dit beteken is dat jy nie ‘’n lid van Christus kan word sonder om ‘’n lid van sy liggaam (= die kerk) te word nie. Dit beteken nie dat verlossing net van ‘’n priester of pastoor of predikant kom nie. Dit beteken wel dat niemand aan Christus in verlossing gebind word sonder om aan sy mense gebind te word nie. Lees net 1 Korintiërs1212 – 31 waar Paulus skryf oor die een liggaam met die baie lede. Die liggaam van Christus is ’n universele fisiese werklikheid. As jy sê jy is deel van daardie liggaam sal jy binne die liggaam gevind word., en jy doen die dinge wat die liggaam doen. Uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie en so bou die liggaam homself op in liefde (Efesiërs 416).
- Kerkbywoning is ‘n fisiese praktyk wat ons vorm
Ons leef in ‘n kultuur wat predik: Jy is wat jy doen.” As jy gaan stap neem jy foto’s en plaas it op Instagram. So bou jy jou aanlyn identiteit. Jy dokumenteer wat jy doen, want dit is hoe ons ons in ons kultuur identifiseer. As dit egter by kerkbywoning kom, verander ons ons deuntjie: “Ek is ‘’n Christen; ek gaan net nie kerk toe nie.” Soos ons in die kerkbanke sit wag ons geduldig op die koms van ons Koning. As ons bely, herinner ons ons daaraan dat God groter as ons is; as ons na die preek luister, word ons daaraan herinner dat sy woord ons gesag is; as ons skouers skuur met ander gelowiges word ons daaraan herinner dat ons nie alleen op hierdie geloofsreis is nie. Vir Christene is kerkbywoning ‘n fisiese praktyk wat ons vorm in die identiteit waarop ons aanspraak maak.
- Kerkbywoning is Christelike gehoorsaamheid.
Im die Weste het ons ‘’n kerkkultuur van voorkeure aanvaar. As ek nie van die aanbiddingstyl van ’n gemeente hou nie, soek ek ‘n ander een. Daar is geen gemeente wat aan my voorkeur om Sondae laat te slaap, voldoen nie. Kerkbywoning is nie opsioneel mie, dit is ‘n saak van gehoorsaamheid. Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly, soos party se gewoonte is nie. Maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan en dit des te meer julle die oordeelsdag sien naderkom (Hebreërs 10:25). Geloof groei in die geloofsgemeenskap
Die nagmaal en die doop kan nie in isolasie ontvang word nie. Jy kan nie jouself doop nie – dit gebeur net in die geloofsgemeenskap daarom moet gelowiges deel wees van die plaaslike gemeente as ‘’n teken van gehoorsaamheid.