‘n Disputasie

 

One flower never makes a spring – Chinese spreekwoord.

 

‘n Disputasie

[Disputasie = debat, redestryd – HAT]

“’n Disputasie oor die krag en doeltreffendheid van die aflaatstelsel.” Hierdie is die volle titel van wat algemeen as Martin Luther se 95 stellings bekend staan. Die vorm van hierdie dokument is deur die akademiese praktyk van destyds bepaal. Die disputasie was ‘n welbekende instelling. Dit was ‘n debat gevoer volgens aanvaarbare reëls. Die onderwerp is deur die hoof disputant gekies. Geen student se akademiese opleiding is as afgehandel beskou voordat hy hom nie suksesvol in so ‘n debat verdedig het nie. Dit was die gebruik om die onderwerp wat bespreek sou word in ‘n reeks tesisse of stellings uiteen te sit. Hulle het dan die basis vir die argument gevorm.

 

Die skrywer verklaar homself gereed om sy stellings teen enigeen te verdedig. So ‘n akademiese dokument, een van honderde, is die disputasie wat vir ons geskiedkundig van groot belang was. Hierdie stellings is op Allerheiligedag (All Saints’ Day) gepubliseer – 31 Oktoner 1517. Hulle was bedoel vir die Unuversiteitsmense en nie vir die algemene publiek nie. Ook die manier waarop hulle gepubliseer was, was akademies – hulle was op die deur van die Church of All Saints – ook bekend as die Kasteelkerk – vasgespyker. Dit was die gewone plek waar sulke aankondigings aangebring is. Dit was die voorloper van die swartbord van die latere Duitse universiteite.

 

Hierdie stellings was in Latyn geskryf – baie van die publiek sou dit nie verstaan het nie. Hoekom juis hierdie dag? Dit was die algemene dag vir sulke publikasies – Allerheiligedag. Dit was ook die dag waarop die kosbare aandenkings/ reliekwie (Rooms-Katoliek) ten toon gestel is. Dit was dus die dag waarop almal aan die aflaatstelsel gedink het.

 

Maar die stellings en hulle gevolge was nie tot Wittenberg beperk nie. Tot Luther se verbasing sirkuleer hulle deur die hele Duitsland. Binne twee maande is drie uitgawes van die Latynse teks gedruk. Kopieë is na Rome gestuur. Uitgawes in Latyn en Duits was vinnig beskikbaar. Luther se tydgenote het die publikasie van die stellings as die begin van die Hervorming gesien.

 

As ons hierdie stellings deurlees, moet ons twee feite in gedagte hou:

  • Op hierdie stadium was Luther nog ‘n toegewyde Katoliek. Hy het geen vermoede gehad van hoe ver hy innerlik reeds van die onderrig van die Katolieke Kerk afgewyk het nie. Sy teenstanders het, beter as Luther self, die betekenis van hierdie “akademiese protes” verstaan.
  • Die doel van die disputasie was om die onderwerp van boetedoening en die aflaatstelsel te bespreek. Luther het die kerk daarvan beskuldig dat hulle die stelsel gebruik het as ‘n kwytskelding van sondes. Die stelsel hou verband met die sakrament van boetedoening. Luther sien dit as ‘n bron van inkomste.