www.bybelkennis.co.za Blog
Gratitude is happiness doubled by wonder – G.K. Chesterton
Ek is nou ‘n volwassene
Wanneer is ‘n persoon ‘n volwassene? As hy die huis verlaat? As hy begin werk? Dit lyk nie asof hierdie dinge outomaties ‘n persoon ‘n volwassene maak nie. Volwassenheid is ‘n geleidelike, daaglikse proses. Dit gebeur nie op een spesifieke oomblik nie, maar na jare van wyse besluite. Hierdie is ‘n ingewikkelde, soms pynlike, proses. Hier is ‘n paar hulpmiddels.
- Besef dat jy nie die middelpunt van die wêreld is nie – die wêreld draai nie om jou nie. Ons stel onrealistiese verwagtings van onsself, ons beroep, ons huwelik, ens.
It is only with gratitude that life becomes rich! – Dietrich Bonhoeffer
Aanbidding: Wat is dit? My hele lewe
Die hoogste doel van die mens is om God te verheerlik en vir altyd te geniet. Hierdie is ‘n aanhaling uit die Westminster Shorter Catechism. Aanbidding is waarvoor ons gemaak is. Besef ons dit nog? Baie mense loop weg van God al het hulle geweet van hierdie waarheid.
My hele lewe
Aanbidding is nie die sing van ‘n paar liedere voor die preek nie.
Jesus se gebed vir die eenheid van sy kerk (vervolg) – Francois Malan
17:22-23 Hierdie verse herhaal wat in 20-21 gesê is, om die belangrikheid van die eenheid tussen die gelowiges te onderstreep, effens van ‘n ander kant af beskryf: In 21 word die gelowiges een deurdat hulle deel kry aan die gemeenskap tussen die Vader en die Seun. In 23 word die gelowiges een deurdat Christus in hulle kom woon en die Vader in Hom is, met Jesus as Middelaar.
Jesus bid vir sy dissipels – hulle toewyding aan God (17:16-19) – Francois Malan
17:16 Die verandering van die gelowiges se posisie in die wêreld, dat hulle aan God behoort (17:14), word hier met groter klem herhaal,.en is die oorgang na die gedeelte van die gebed oor hulle toewyding aan God. Deur hulle geloof in Christus behoort hulle nie meer aan die wêreld nie. Hulle is nie meer van die wêreld nie, nie meer mense onder die mag van die owerste van hierdie wêreld nie. Hulle is nog in die wêreld, maar behoort nou aan Christus as sy getuies, deur wie Hy in hierdie wêreld werk, as kinders en beelddraers van God. Daarom is gebid vir hulle bewaring teen die Bose (17:14-16) en word gebid vir hulle toewyding aan God (17:17-19)