Die Messias het gekom
The living Christ still has two hands, one to point the way, and the other held out to help us along = Thomas Walter Manson
Die Messias het gekom
Johannes die Doper het gesê dat die Messias, vir wie hy die pad voorberei, met die Gees sal doop. Kom ons kyk na Lukas se hantering van hierdie saak.
Jesus Christus is gekruisig, Hy het opgestaan en verskyn aan sy dissipels. Hy wys hulle hoe om die Skrif te verstaan. Daar staan geskrywe dat die Christus moet ly, dat Hy op die derde dag uit die dood sal opstaan en in sy Naam moet bekering en vergewing van sonde verkondig word van Jerusalem af en verder. Dan gee Hy aan hulle ‘n belofte en opdrag: En Ek sal die gawe wat my Vader beloof het, vir julle stuur. Maar julle moet in die stad bly totdat julle met krag van bo toegerus is (Lukas 24:49). Jesus Christus gaan voorsien wat Johannes die Doper lank gelede geprofeteer het – die Gees van God. Deur die Gees gaan God sy gemeenskap bemagtig om sy pad te loop.