www.bybelkennis.co.za Blog
There is redemptive power in Christ
Crucufied unmatched anywhere else
F. F. Bruce
Verlossing en God se soewereiniteit (1)
Christopher J. H. Wright (Salvation belongs to our God) het ‘n uitstekende oorsig van verlossing gegee. Ons kyk vandag na Verlossing en God se soewereiniteit.
Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit (Openbaring 7:10). Wat doen God op die troon? Van daar heers Hy oor die hele skepping. Dit beteken: Verlossing is van ons God wat soewerein is.
What God has done in his grace is to include us in Christ. In dealing with Christ he has dealt with the Christian; in dealing with the Head he has dealt with all the members – Watchman Nee
Is ek seker van my verlossing?
Kan ek seker van my verlossing wees? Die Bybel sê: Beslis ja. Maar hoe kan ons seker wees?
- Sekerheid kom deur die objektiwiteit van die storie
Verlossing is nie iets wat ek doen of voel of dink of bereik nie. As dit so was, kon ek beslis getwyfel het of ek genoeg gedoen het om verlos te word. Verlossing is egter iets wat God reeds gedoen het. Dit leer ons uit die verlossingstorie in die Bybel.
Christianity, in its purest form, is nothing more than seeing Jesus – Max Lucado.
Verlossing: ‘n Ondervinding
In Openbaring lees ons van die groot menigte wat voor die troon en voor die Lam staan. Hulle het wit klere aan en palmtakke in hulle hande. Hulle roep hard uit: Ons redding kom van ons God, wat op die troon sit en van die Lam. Daarna kniel hulle en sing ‘n lofsang. Hierdie is duidelik ‘n beskrywing van ‘n feesviering – die fees van diegene wat verlos is. Hulle roep dit uit, want hulle wil hê dat almal dit moet weet.
Anyone who does not believe in miracles is not a realist – David Ben-Gurion
Verlossing: verlede. hede. toekoms
‘n Deel van die verlossingsverhaal lê in die verlede – dit het in die geskiedenis gebeur en kan nie verander word nie. ‘n Deel van die verlossingsverhaal lê in die hede – dit is ‘n voortdurende proses waarin ons God vra om ons te verlos. ‘n Deel van die verlossingsverhaal lê in die toekoms – die wêreld het nog nie verander in die plek wat God bedoel het dit moet wees nie – ons kyk vooruit na die voltooiing van die verhaal.