Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (18)
The bitterest tears shed over graves are for words left unsaid and deeds left undone. -Harriet Beecher Stowe
Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (18)
Dallas Willard, Professor aan die University of Southern Califonia se School of Philosophy en leraar in die Southern Baptist Church, het ‘n belangrike boek geskryf: The Spirit of the Disciplines. [Hy is onlangs oorlede.] Ek gaan baie op hierdie boek staatmaak in hierdie reeks oor geestelike dissiplines
Gemeenskap
As gemeenskap neem ons deel aan gesamentlike aktiwiteite soos aanbidding, studie, gebed, feesviering en diens – saam met ander dissipels. God se vuur brand hoër as ons almal saam is en nie verspreide individue nie.