www.bybelkennis.co.za Blog
Die openbaring van die nuwe orde in Jesus (Johannes 2:1-4:42) – Francois Malan
Die drie hoofstukke vorm ‘n eenheid in die groter verhaal hoofstukke 2-12. Die eerste vervulling van die belofte in 1:51 is die wonderteken van die water wat in wyn verander in Galilea tydens ‘n familiefees (2:1-12). Daarop volg die reiniging van die tempel in Jerusalem tydens Paasfees (2:13-22).
What lies behind us and what lies before us are tiny matters compared to what lies within us – Ralph Waldo Emerson
Amos
Wanneer laas het jy ‘n preek uit Amos gehoor? John C. Holbert wil weet waarom leraars nie graag oor Amos preek nie. Amos is reguit; Amos sê dinge wat sy tydgenote nie wou hoor nie … en ons ook nie.
Amos word in die middel van die 8ste eeu vC deur die Here as profeet geroep. Wat egter meer belangrik is as die datum is die soort gemeenskap waarna Amos geroep word. Sy primêre bekommernis is geregtigheid
The best time to plant a tree was 20 years ago. The second best time is now – Chinese spreekwoord
Is Geestelike groei ‘n intellektuele proses?
Meeste jong Christene fokus op die verstaan van hulle geloof. Ons moet egter oppas dat ons “kennis” van die Christelike geloof nie droog en intellektueel word nie. Dikwels voel ons dat ons geloof geen diepte het nie – asof ons emosies nie geraak word deur dit wat ons glo nie. Iewers is iets nie lekker nie.
The most likely man to go to hell is the man who has nothing to do on earth. Idle people tempt the devil to tempt them. —C.H. Spurgeon
Alweer die pous
Die pous is besig om dinge in die Vatikaan te roer. Op 6 Julie 2013 sê hy aan ‘n groep jong priesters, priesters in opleiding en nonne van oor die wêreld dat om die nuutste smartphone en mode bykomstigheid te besit nie die pad na geluk is nie. “Dit maak my seer as ek ‘n priester of non met die nuutste model kar sien rondry. Julle kan dit nie doen nie.”