www.bybelkennis.co.za Blog
Die Openbare bediening van Jesus (Johannes 1:19-12:50) – Francois Malan
Na die proloog volg die verhaal van Jesus se selfopenbaring onder sy eie mense, die Jode, waardeur baie tot geloof gekom het, maar die meerderheid besluit het dat Hy moet sterwe.
Laat sy liefde jou lei: Hoor jy reg? – Milanie Vosloo
Abraham het 175 jaar oud geword. Hy het in ’n rype ouderdom na ’n lang en vol lewe gesterf … Ná Abraham se dood het God sy seun Isak geseёn … Genesis 25:7, 13a *
Wonder jy soms of jy God reg hoor en twyfel jy met tye aan die sinvolheid van dit wat Hy van jou verwag? Staan dan vandag ’n oomblik stil by die Abraham-verhaal.
Johannes 1:18 Opsomming en slot van die proloog tot die Evangelie. – Francois Malan
1:18 ‘Niemand het God ooit gesien nie’ – In Eksodus 33:18-20 vra Moses om God se heerlikheid, kabood, (NAV magtige verskyning) te sien. Die Here sê Hy sal al sy goedheid toob (NAV voortreflikheid) by Moses laat verbygaan, sy Naam voor hom uitroep, sy genade en ontferming skenk aan wie Hy wil, maar niemand kan sy gesig sien en bly lewe nie.
A good head and a good heart are always a formidable combination – Nelson Mandela
Wat die evangelie nie is nie!
Ek het onlangs baie oor die evangelie geskryf. Mark Dever het ‘n kort boekie – The Gospel as Personal Evangelism – geskryf. Vir hom is die evangelie die verlossingsboodskap van Jesus Christus. Omdat dit in die vorm van woorde kom, kan die maklik misverstaan en verdraai word. Daarom moet elke geslag Christene weer beklemtoon wat die evangelie is … en wat dit nie is nie. Hy identifiseer vier algemene foute wat die evangelie bedreig.