www.bybelkennis.co.za Blog
To forsake Christ for the world, is to leave a treasure for a trifle, eternity for a moment, reality for a shadow. —William Jenkyn
Foute wat ons maak as ons die Bybel lees
Frank Viola identifiseer agt foute wat ons algemeen maak as ons die Bybel lees:
- Lees die Bybel sonder gebed. Die Bybel is ‘n geestelike boek en kan nie sommer soos enige ander boek gelees word nie.
Die Woord van God in die skepping en die herskepping (Johannes 1:1-5) – Francois Malan
1:1 ‘In die begin’ – soos in Genesis 1:1, maar anders as Genesis begin dit hier nie met die skepping nie, maar met wat voor die skepping reeds was (vgl. 17:24). En dan die verrassing: nie in die begin was God nie, maar was die Woord.
DIE EVANGELIE VOLGENS JOHANNES: INLEIDING – Francois Malan
Die raaisel wat die vierde Evangelie omring
Ons is vandag nie meer seker wie hierdie Evangelie geskryf het, waar dit geskryf is of wanneer nie. Die opskrifte van die vier Evangelies wat hulle aan bepaalde persone verbind, is later bygevoeg. Die vroegste getuienis oor die skrywers kom van Ireneus, biskop van Lyon in Frankryk wat in Smirna in die huidige Turkye groot geword het en sendingwerk in Gallië gaan doen het. Hy het as kind by Polikarpus gehoor dat Johannes die Evangelie in Efese geskryf het. Polikarpus van Smirna sou gesê het dat hy vir Johannes geken het, en ander persone wat die Here gesien het. Polikarpus het op 86 jaar in 155 n.C. in Rome op die brandstapel gesterf vir sy geloof (dus gebore in 69 n.C.). Ireneus het gesê Johannes het in Efese gebly tot die tyd van keiser Hadrianus (98-117 n.C.).
Depend on it, my hearer, you never will go to heaven unless you are prepared to worship Jesus Christ as God. —C.H. Spurgeon
Wat is die tekens van ‘n dwaalleraar?
Dwaalleraars was teenwoordig in elke tydvak van die geskiedenis. Omstandighede mag verander, maar hulle metodes bly dieselfde. Hier is ‘n paar tekens van vals leraars:
- Hulle plesier mense. Wat hulle leer is bedoel om mense tevrede te stel Hulle vlei mense. Dit is in teenstelling met die ware leermeester: