Ek is bekommerd: Is dit sonde?
An idle life and a holy heart is a contradiction. —Thomas Brooks
Ek is bekommerd: Is dit sonde?
As God dan die gras van die veld, wat vandag daar is en môre verbrand word, so versier, hoeveel te meer sal Hy dan nie vir julle sorg nie, julle kleingelowiges? (Matteus 6:30).
Dit is snaaks dat ons as gelowiges vrywillig ons ewigheidsbestemming in Christus se hande plaas, maar soms weier om te glo dat Hy sal voorsien – wat ons gaan eet, drink en aantrek. Geloof moet tog ook vir die alledaagse en nie net die buitengewone geld nie.