www.bybelkennis.co.za Blog
Material prosperity and physical health do not invariably accompany faithfulness to God. But spiritual health and prosperity do. —William Greathouse
Versoeking: Satan se taktiek
Die fokus van Satan se pogings is altyd dieselfde: Om ons te mislei sodat ons glo dat verbygaande plesier van sondige dinge meer bevredigend is as gehoorsaamheid en vertroue op die beloftes van God.
Is your church like a football game: a few people in desperate need of rest watched by a crowd in desperate need of exercise? — Adrian Warnock
Ek is seker ek is verlos
Godsdiens is die mens se pogings om by God en die hemel uit te kom. Die Christelike geloof is God wat afkom na die mens om hom te verlos deur in ‘n verhouding met die mens te leef. Daar is een uitstaande kenmerk van mense wat in Jesus Christus glo: Hulle gee aan Jesus al die krediet vir hulle verlossing en ewige lewe. Hulle wys na die kruis; hulle wys na God se genade en nie na hulle eie pogings nie.
A hungry man is not a free man. -Adlai Stevenson, staatsman (1900-1965)
Genesing vir ‘n gewonde leier
Baie gemeentes word deur gewonde leiers gelei – mense wat nie werklik ander mense kan liefhê nie, wat nie kwesbaar kan wees nie, wat nie op die toekoms kan fokus nie, as gevolg van verwerping en seerkry in die verlede. Volgens Rick Warren is daar genesing vir sulke leiers.
Alle Paaie lei na Jesus: Jesus verryk ons siening van bepaalde dinge (1) – Adrio König
11.3 Jesus verryk ons siening van bepaalde dinge
11.3.1 Ons siening van God (hoofstuk 10)
Dit is merkwaardig hoeveel ryker ons siening van God deur Jesus word. Allereers het ons in Jesus se lewe duideliker as ooit tevore gesien Wie en hoe God is. Wat Jesus gedoen het, het Hy gedoen soos sy Vader dit sou gedoen het. Hy is in ’n unieke sin die openbaring/bekendmaking van God. Hy verklaar ook: “Wie My sien, sien die Vader” (Joh 14:9). En Johannes skryf oor Jesus: “Hy het Hom (die Vader) bekend gemaak” (1:18). En Paulus skryf oor Christus: “In Hom woon God met die volheid van sy wese” (Kol 2:9). As ons dan wonder hoe God lyk, hoe Hy oor ons voel, wat sy doel met ons lewe is, lees ons net oor Jesus. Hy is God se openbaring.