Die gelykenis van die verlore skaap
“A little knowledge of God is worth more than a great deal of knowledge about Him.” – J. I. Packer
Die gelykenis van die verlore skaap
Hierdie gelykenis is die eerste van drie opeenvolgende gelykenisse waarin ons die hart van God sien: Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is (Lukas 19:10). Hierdie gelykenis daag ons uit om na ons eie harte te kyk en God se hart te sien – en met deernis na ongelowiges uit te reik.