www.bybelkennis.co.za Blog
DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (9) – Jan van der Watt
Episode 7: Markus 10
Nuwe lewensreëls geld in die skadu van die kruis – die menslike waardesisteme word op hulle kop gedraai. Christene dink anders oor krag, status en belangrikheid. Hoe sien jy dit uit Markus 10? …
Alle Paaie lei na Jesus: Die Toekoms van Israel (2) – Adrio König
’n Nuwe fase ná die verharding?
Daar is mense wat oortuig is dat die verharding van Israel tydelik is, en dat daar ’n nuwe fase in Israel se geskiedenis kom wanneer al die onvervulde profesieë van die Ou Testament vir hulle vervul sal word. Dit word dikwels aan die Duisendjarige Vrederyk verbind. Kom ons kyk na uitsprake in die Nuwe Testament wat volgens hulle in hierdie rigting wys.
DIE VERHAAL VAN JESUS DEUR DIE OË VAN MARKUS (8 – Jan van der Watt
Deel 3 – die inhoud van Markus 8:22-16:20
Die eerste deel van Markus (1:1-8:21) het Jesus geteken as die Seun van God wat wonders doen en kragtig optree. Hy is ‘n suksesverhaal – so lyk die eerste “wip van die wipplank” – dit wip op. Nou kom die tweede “wip” en hierdie keer gaan dit vanuit menslike oogpunt ondertoe.
Alle Paaie lei na Jesus: Die Toekoms van Israel (1) – Adrio König
8.5 Die toekoms van Israel
Vraagstelling
Daar is in die Ou Testament baie beloftes gemaak vir Israel as die ware Godsvolk. Skynbaar is sommige van hierdie profesieë nie vervul nie. In die Nuwe Testament het Israel as die ware Godsvolk ’n nuwe gestalte gekry: alle Jode en heidene wat in Jesus glo. Wat nou van hierdie beloftes? Is daar nog vir die huidige Israel wat in die staat Israel woon en oor groot dele van die aarde versprei is, ’n aparte rol in die toekoms? Wat is die verband tussen die huidige Israel en die ware Godsvolk?