Die opstanding van Jesus en die gemeente in Korinte
“It is the Spirit that sheds the love of God abroad in their hearts, and the love of all mankind; thereby purifying their hearts from the love of the world, from the lust of the flesh, the lust of the eye, and the pride of life. It is by Him they are delivered from anger and pride, from all vile and inordinate affections.” – John Wesley
Die opstanding van Jesus en die gemeente in Korinte
Paulus sien dat onderliggend tot al die probleme in die gemeente in Korinte, lê ‘n groot teologiese misverstand – hulle ontken die opstanding van die dooies. In wese ontken hulle dat God hierdie liggame van ons met al sy gebreke liefhet. Daarom ontken hulle – al het hulle dit dalk nie so bedoel nie – dat wat ons met hierdie liggame doen, in God se oë belangrik is.