www.bybelkennis.co.za Blog
Alle Paaie lei na Jesus: Die mens as beeld van God (3) – Adrio König
5.3.2 God openbaar Homself in ’n Mens
Ons bely twee dinge oor Jesus: dat Hy tegelyk God en Mens is. Maar hoe is dit moontlik dat een Persoon tegelyk God en mens kan wees? Verskil God en mens dan nie soveel dat dit onmoontlik is, dat Hy ’n soort gesplete persoonlikheid sou moes hê nie? Mense probeer die vraag so antwoord dat hulle sy lewe in twee dele verdeel: Sekere dinge het Hy as God gesê of gedoen, en ander dinge het Hy as mens gesê of gedoen. Hy het as mens gesê dat Hy nie weet wanneer die wederkoms sou wees nie, en Hy het net as mens gesterf. Maar Hy het as God wonderwerke gedoen en uit die dood opgestaan.
Seeing is not believing. Seeing is seeing. Believing is being confident without seeing. —G. Campbell Morgan
‘n Nuwe Kategismus: Vraag 11
Vraag:
Wat verwag God van ons in die sesde, sewende en agste gebooie.
“I have always imagined that Paradise will be a kind of library.” – Jorge Luis Borges
Die sentrale boodskap van die Bybel
Die sentrale boodskap van die Bybel is die boodskap van verlossing. Deur beide die Ou en Nuwe Testamente is daar drie goue drade wat ons moet raaksien: die Persoon wat die verlossing bring. Die wyse van verlossing en die erfgename van verlossing.
“A room without books is like a body without a soul.” – Cicero
Troeteldiere in die werkplek
‘n Studie gedoen by die Virginia Commonwealth University het gewys dat werknemers wat hulle honde werk toe bring minder kortisol produseer. Kortisol is ‘n hormoon wat stres veroorsaak. By ‘n groot maatskappy wat toegelaat het dat werknemers hulle honde kon saambring werk toe, het die gemiddelde stresvlakke deur die dag met 11% gedaal.