www.bybelkennis.co.za Blog
There are no ordinary people. You have never talked to a mere mortal – C. S. Lewis
Moet ons belasting betaal?
Jesus is in Jerusalem. ‘n Skare drom saam om te hoor wat Hy te sê het. Onder die skare was daar ook Fariseërs en Herodiane – vyande van Jesus. Hulle wil Hom voor die skare vastrek met ‘n strikvraag: Is dit reg om aan die keiser belasting te betaal, of is dit nie?
The basic dignity of man is not made up of his achievements, virtues, or special talents. It is inherent in his very being – Abraham Heschel
Die lelike man
Rabbi Eleasar was ‘n bekende leermeester in die tweede eeu. Hy het pas ‘n sessie met sy mederabbi’s gehad. Hy lag toe hy terugdink aan hoe hy die debat gewen het deur drie gedeeltes saam te trek. Hy voel goed, want hy het loshande die debat gewen. Net die donkie waarop hy gery het, hoor sy lag en selfgelukwense.
Laat sy Liefde jou Lei: Jou spanmaats het jou nodig – Milanie Vosloo
Jou spanmaats het jóú nodig
Versterk daarom daardie hande wat slap geword het en die knieё wat knak, en laat julle voete reguit vorentoe hardloop. Dan sal die beseerde voete nie ingee nie, maar eerder gesond word. Hebreёrs 12:12
Alle Paaie lei na Jesus: Skeppingsverhale en skeppingsvoorstelle (3) – Adrio König
Skeppingsverhale en skeppingsvoorstelle
Presies hoe het God geskep?
Uit dit alles kan ons interessante gevolgtrekkings maak. Enersyds weet ons nou dat Israel sonder huiwering die meeste voorstellings gebruik wat ook in ander godsdienste voorkom. Dit beteken dat hulle nie ’n eie, unieke beskouing gehad het hoe alles geskape is nie. Trouens hulle kon van dieselfde ding sê dat dit op meer as een manier geskape is. Kom ons kyk na ’n paar voorbeelde.