www.bybelkennis.co.za Blog
The Christian who has stopped repenting has stopped growing. —A.W. Pink
God se genade
God se genade kom altyd na ons met ‘n maar en nie ‘n daarom nie. Wat bedoel Tullian Tchividjian as hy dit sê. Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde:
- Die loon van die sonde is die dood … maar die loon van God se genade is vryspraak en lewe (Romeine 6).
I tell you our strength, whenever we have any, is our greatest weakness, and our fancied wisdom is our real folly. —C.H. Spurgeon
Verkondig God se woord
Ons leef in ‘n sogenaamde postmoderne wêreld waar verkondiging met suspisie en skeptisisme bejeën word. Luister na Paulus se opdrag aan die gelowiges in Kolosse: Hom verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring (1:28). Die Griekse woord wat hier met verkondig vertaal word beteken om “openlik en hardop te verklaar.”
Next to the wonder of seeing my Savior will be, I think, the wonder that I made so little use of the power of prayer. —D.L. Moody
My familie eerste
In ‘n wêreld vol disfunksionele of gebroke of enkelouer families is dit verstaanbaar dat Christene dikwels oorreageer en ‘n baie hoë waarde plaas op die fisiese familie. Maar Ben Witherington III waarsku daarteen dat ons nie van ons familie ‘n afgod moet maak nie.
The world is in greater peril from those who tolerate or encourage evil than from those who actually commit it. -Albert Einstein
Inisiatief: die kenmerk van ‘n ware leier
Per definisie kan leiers nie wag vir iemand anders om eerste te beweeg nie. Doen hulle dit is hulle eintlik volgelinge. Inisiatief vereis ‘n element van risiko, geloof en insig. Wanneer laas het ek iets betekenisvol geïnisieer? As ek nie onlangs myself gedruk het en my gemaksone verlaat het nie, moet ek myself vinnig aan die gang kry.