www.bybelkennis.co.za Blog
“Nothing invigorates preaching like having something to say.” Tom Long
Die grootste van alle Protestantse dwaalleringe?
Kardinaal Robert Bellarmine (1542 – 1621) was die pous se persoonlike teoloog. Hy vra: Wat is die grootste van alle Protestantse dwaalleringe? Sy antwoord sal ons verbaas: versekering. As vryspraak nie deur geloof alleen, in Christus alleen, deur genade alleen verkry word nie, beteken dit dat iets altyd bygevoeg moet word om vryspraak te verkry. As vryspraak afhanklik is van iets wat ons moet doen, kan ons nooit verseker wees van ons verlossing nie. Volle versekering is slegs moontlik as Christus alles reeds gedoen het.
Leef uit jou doop: 7.3 Waarom soveel probleme met die kinderdoop? – Adrio König
7.3 Waarom soveel probleme met die kinderdoop?
Dit is ’n ope geheim dat daar baie lidmate is wat probleme met die kinderdoop ontwikkel. Waarom? ’n Mens kan aan minstens drie oorsake dink:
♦ Die kinderdoop is nie so voor die handliggend in die Bybel nie.
♦ Ons fundamentalistiese Skrifbeskouing.
♦ Die assosiasie tussen kinderdoop en geestelike doodsheid.
There is that good word “Evangelical.” It is certainly moribund, if not already dead. Nobody any longer seems to know what it means – B. B. Warfield
Vertrou op die beloftes
Ken ons nog die beloftes wat God vir ons gegee het? Watter beloftes het Hy onlangs in my lewe vervul?
Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy (2 Korintiërs 7:1).
There is nothing wrong with our having fences. But let us keep our fences low and shake hands often – Mark Dever
Die lewe van geloof
Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie (Hebreërs 11:1).
Die skrywer is nie besig om geloof te ontleed en komponente daarvan te identifiseer nie. Hy skryf hier hoe geloof werk.