www.bybelkennis.co.za Blog
Laat sy Liefde jou Lei: ‘n God vir droogmaakmense – Milanie Vosloo
Jesus sê toe vir haar: “Ook Ek veroordeel jou nie. Gaan maar, en moet van nou af nie meer sonde doen nie.” Johannes 8:11b
Jy kan met opregtheid sê dat jy God se riglyne vir die lewe in al die fasette van jou menswees probeer toepas. Daarom is gesonde menseverhoudinge vir jou belangrik, doen jy elke dag jou dagtaak na die beste van jou vermoё en hanteer jy die eise van die lewe meestal met passie, geduld en deursettingsvermoё.
Jesus se doop – Coen Slabber
Jesus se doop deur Johannes kan as ‘n oorgang tussen Johannes se doop en die Christelike doop gesien word. Dit word algemeen aanvaar dat Jesus se doop deur Johannes ‘n historiese gebeurtenis was – dit het werklik plaasgevind. Omdat die mindere gewoonlik deur die meerdere gedoop word, sou die doop van Jesus deur Johannes as ‘n verleentheid gesien kon word.
Ester – Coen Slabber
Wie was Ester? Mordegai het as voog opgetree vir Hadassa, dit is Ester, die dogter van sy oom, want sy was ‘n weeskind. Ester se familie was onder die ballinge wat koning Nebukadnesar uit Judea ontvoer het. Hulle was lede van die stam van Benjamin.
Kan Christene mediteer? Kobus Kok
Jackie vra:
Maak meditasie deel uit van die Christelike geloof?