www.bybelkennis.co.za Blog
Geloofsvrae: Alomteenwoordigheid, alwetendheid, onsienlikheid, onkenbaarheid, selfgenoegsaamheid – Adrio König
Alomteenwoordigheid, alwetendheid, onsienlikheid, onkenbaarheid, selfgenoegsaamheid
In die opskrif bokant hierdie paragraaf staan ‘n hele aantal begrippe wat tradisioneel gebruik word vir God. Hulle is saam gegroepeer omdat hulle saamhoort. Hulle is almal eerder geïnspireer deur strominge in die Griekse filosofie. Die atmosfeer wat die meeste Bybelse boeke adem, is net eenvoudig anders.
Laat sy Liefde jou Lei: Wie is God vir jou? – Milanie Vosloo
Wie is God vir jóú?
Here, wie mag dit waag in u teenwoordigheid? Wie mag woon op u heilige berg? Psalm 15:1
Elkeen van ons het ‘n baie spesifieke beeld van God. Wanneer jy aan Hom dink, met Hom praat, soms vir Hom bang is en ander kere na Hom verlang, roep Hy by jou ‘n bepaalde beeld op.
Geloofsvrae: Geskiedenis – Adrio König
Geskiedenis
Dit is in hierdie verband nodig om iets te probeer sê oor die aard van die geskiedenis wat God met ons maak. Dit is egte geskiedenis waarin daar egte beslissings val, van sy kant, én van ons kant. Dit is nie ‘n toneelstuk wat vooraf geskryf is en nou net opgevoer word nie – ‘n siening waartoe ‘n mens omtrent genoodsaak is as jy die pad van sy verborge-wil-as-sy-eintlike-wil loop.
Die Wysheid in Spreuke 8 – Francois Malan
Andre vra:
Wie is Wysheid waarvan Spreuke 8 praat, want Hy sê Hy was saam met die Here toe die aarde geskep is. Vers 22 – Die Here het my geskep. Dit kan dus nie God of Jesus wees nie, is dit dalk die Heilige Gees.