Die Groot Geloofswoordeboek: Uitverkiesing
Die Groot Geloofswoordeboek: Uitverkiesing
Uitverkiesing • Verwerping
(*Voorsienigheid, *TULIP)
Daar is ‘n paar leerstukke van die Christelike geloof wat al lank besondere probleme oplewer. Dink maar aan die *Drie-eenheid, die *tussentoestand, die *voorsienigheid, die uitverkiesing en die *hel. ‘n Bepaalde vorm van die uitverkiesingsleer is stuksgewys onder *TULIP behandel en afgewys.