www.bybelkennis.co.za Blog
Die Groot Geloofswoordeboek: Totale Verdorwenheid
Totale verdorwenheid
(*TULIP)
Die leer van die totale verdorwenheid van die mens (corruptio totalis) word maklik misverstaan. Sommige dink dit beteken dat geen ongelowige ooit iets goeds kan doen nie. Dit is ‘n misverstand. Sedert *Augustinus, een van die groot kerkvaders, is dikwels verwys na die deugde van die heidene.
Menslike Kloning (6) – Coen Slabber
Ons kom nou voor ‘n belangrike vraag te staan: as dit vir wetenskaplikes moontlik is om iets te doen, moet dit gedoen word?
Kloning: Moontlike etiese problenme
Van die kerke het sterk standpunt oor kloning ingeneem:
- Pous Benedictus publiseer Dignitas Personae waarin kloning verdoem word – a grave offence to the dignity of that person as well as to the fundamental equality of all people.
- Islam: het ʼn fatwa (heilige oorlog) uitgereik waarin hulle sê dat kloning haraam (verbied deur die geloof) is.
Die Groot Geloofswoordeboek: Tipologie
Tipologie
Tipologie verskil van *allegorie. In tipologie gaan dit oor werklike persone of gebeurtenisse en hulle antitipe of vervulling, en nie, soos in allegorie, oor die sogenaamde “dieper” betekenis van ‘n gedeelte in die Bybel nie. So was Adam ‘n tipe van Christus (Rom 5:12 ev) en die skepping ‘n tipe van die herskepping (verlossing).
Die Groot Geloofswoordeboek: Tempel; Sinagoge
Tempel • Sinagoge
Tempel
Die tempel was die hart van Israel se godsdienstige lewe. Die geweldige betekenis van die tempel blyk uit uitsprake wat ons oral in die Ou Testament kry. Die sogenaamde Sionspsalms is sterk getuienis daarvan (Ps 46, 48, 76, 84, 87, 122, 125). (Terloops, “Sion” is die “berg” [bult] waarop die tempel gebou was.)